Ons is afhanklik. We are dependent.

Die afgelope tyd se gebeure het my laat dink. Ons leef in ‘n tyd waar alles en almal aanmekaar verbind is. Ons foto’s word iewers in ‘n wolk gestoor. Indien ons iets op die internet laai kan daardie voetspoor nooit werklik uitgevee word nie. Ons fone luister ons af…

Ek grap nie. Dit is so… Vandag baklei ek met MTN omdat hulle ons in ‘n opgradering ingeboelie het met leuens en nou is die enigste manier om dit te kanseleer vir ons om nou slegs op pre-paid te gaan. Ek is WOEDEND vir hulle!! Nou ja, terug na die fone wat afluister… Ek kry toe nou nou ‘n advertensie op sosiale media oor ‘n 10GB aanbieding van MTN vir R99 pm…

Ons het toepassings vir elke ding. Sosiale media. Die nuus. Die Bybel. WordPress. YouTube, ens. Daar is selfs ‘n toep om jou baba se asemhaling te reguleer en elke doek en bottel in te voer.

En ek besef. Twintig, selfs tien jaar terug was daar nie soveel dinge beskikbaar nie. Dinge wat ons lewens makliker maak, maar ook ons afhanklikheid daarvan meer maak en ons vergeet hoe om dinge vir onsself te doen en te maak en ook om informasie of hartsake vir onsself te hou.

Ek gebruik my foon vir ALLES! My foto’s, videos en blogs hoofsaaklik. Grotendeels omdat ek nie nou die rekenaar wat ek baie graag wil hê kan koop nie so my foon sal moet doen.

As ons nou nie wil hê dat Big tech ons informasie in die hande moet kry nie sal ons van die aardbol af moet verdwyn. Die slimfoon moet laat vaar en afgradeer na ‘n Nokia 3310, wat steeds in my opinie die beste foon is. 🤣

Ek dink ons moet versigtiger omgaan met als wat ons aanlyn doen en naby ons fone praat. Ek dink ook ons moenie ontslae raak van als nie. Gebruik dit wat vir jou goed is en gebruik dit wys. Ek hou al my toeps, want ek geniet dit en dit maak my lewe makliker.

Toodles!

English

Recent events have made me think. We live in a time where everything and everyone is connected. Our photos are stored somewhere in a cloud. If we upload something on the internet, that footprint can never really be erased. Our phones listen to us ...I'm not kidding. It's true... Today I was fighting with MTN because they bullied us into an upgrade with lies and now the only way to cancel it is for us to go pre-paid! I am ANGRY with them!! Well, back to the phones tapping ... I just got an ad on social media about a 10GB offer from MTN for R99 pm ...
Coincidence? Nope.We have applications for every thing. Social media. The news. The Bible. WordPress. YouTube, etc. There is even an app to regulate your baby's breathing and insert each diaper and bottle.And I realize. Twenty, even ten years ago, there weren't so many things available. Things that make our lives easier but also make our dependence on it more and we forget how to do and make things for ourselves and also to keep information or heart matters for ourselves.I use my phone for EVERYTHING! My photos, videos and blogs mainly. Largely because I can not buy the computer I would very much like now so my phone will have to do.If we do not want Big tech to get our information, we will have to disappear from the globe. The smartphone should give up and downgrade to a Nokia 3310, which is still in my opinion the best phone. 🤣I think we need to be more careful about everything we do online and talk near our phones. I also think we should not get rid of everything. Use what is good for you and use it wisely. I love all my apps because I enjoy it and it makes my life easier.Toodles

8 thoughts on “Ons is afhanklik. We are dependent.

  1. Una sê:

    Ek kon maande gelede gaan opgradeer het, maar die lus ontbreek my totaal en al. Net om tussen MTN en Vodacom te moet besluit, is klaar een te veel. Tog, my foon is SO uiters balangrik in my lewe, doen ook als daarop.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s