Ons trek weer. / We are moving again.

Mense… Ons trek weer.

Die afgelope ses maande woon ons in ‘n klein meenthuis. Drie slaapkamer in ‘n veilige kompleks. Ons woon lekker hier, maar dit is amper uit die dorp uit. Dit is nou letterlik aan die alie-kant van die dorp. Ons het dit oorspronklik gevat omdat ons huis verkoop was en ons sou net ‘n paar maande gewag het voordat ons na die VSA toe kon vertrek. Nou is dit ses maande later en ek ry amper twee tenks brandstof uit per maand. Al ry ek net in dorp toe en huis toe. Die slaggate in die pad maak dat mens stadig en vinnig en weer stadig en heen en weer moet ry wat OOK brandstof sluk…

Maar ons het genadiglik ‘n nuwe meenthuis in ‘n ander kompleks in die midde dorp gevind naby my ouers! Ek is verlig, maar ook hartseer, want ons was oortuig dat ons uit hierdie plekkie op die vliegtuig sou klim… Maar net tyd sal leer so vir nou gaan ons die nuwe plekkie geniet. Dit is effe duurder, maar dit is naby aan die skole en winkels en my ma. 😅 Die leef vertrek is groter, maar daar is slegs twee slaapkamers, so die kinders is in hul element oor die stapelbed wat hul nou gaan hê. Daar is ‘n dubbeldeur motorhuis en groot area vir die kinders om met hul fietse te ry en moenie vergeet dat daar ‘n swembad en trampolien by oupa en ouma se huis is nie.

Ons gaan moontlik nog ‘n rukkie hier is Suid Afrika vassit, maar by hierdie nuwe plekkie sal die tyd sommer gou verby gaan.

Toodles!

English

People ... We're moving again.For the past six months we have been living in a small townhouse. Three bedroom in a secure complex. We enjoy living here, but it's almost out of town. It is now literally on the backside of town. We originally took it because our house was sold and we would have just waited a few months before we could leave for the US. Now it's six months later and I drive out almost two tanks of gas a month. Even if I just drive to town and home. The potholes in the road mean that I have to drive slowly and fast and slowly and back and forth which ALSO swallows the gas ...But we have now found a new townhouse in another complex in the middle of town near my parents! I am relieved, but also sad, because we were convinced that when we would get out of this place we'd go straight onto the plane ... But only time will tell so for now we are going to enjoy the new place. It's a little more expensive, but it's close to the schools and shops and my mother. 😅 The living room is larger, but there are only two bedrooms, so the kids are in their element over the bunk bed they are going to have now. There is a double door garage and large area for the kids to ride their bikes and do not forget that there is a swimming pool and trampoline at grandpa and grandma's house.We may be stuck here in South Africa for a while longer, but at this new place time will soon pass.Toodles!

7 thoughts on “Ons trek weer. / We are moving again.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s