Skêr-mense. / Scissor-people.

Skêr-mense.

Die eerste keer wat ek hiervan gehoor het was in die film Vir die voëls.

Soos gewoonlik het dit my gedagtes laat dwaal. Ek ken ook skêr-mense. Ek weet ook hoe dit voel om jou vlerke ongevraagd geknip te hê en wanneer jy daaroor huil jy as ‘Te sensitief’ afgemaak word.

Ek hou niks daarvan wanneer ek sien hoe ouers of vertrouelinge kinders en mekaar se vlerke knip nie. Ons het vlerke gekry vir ‘n rede en moet dit so lank en mooi as moontlik groei sodat ons dan ons volle potensiaal kan bereik.

Maar soms dink ek ook na die ander kant toe… Want ‘n saak moet mos van albei kante af bekyk word.

Daar is mense wat glo wanneer jy ‘n baba se hare afskeer na geboorte dit dik en mooi sal teruggroei. Ek weet nie hoe waar dit is nie, maar wat as dit waar is met ons vlerke? Wat as ons vlerke geknip word teen ons sin, maar die teruggroei dit soveel sterker maak? Soos wanneer die pyn en teleurstelling van die lewe ons sterker maak.

Wat as die knip van ons vlerke on leer om dankbaar te wees vir ons voete wat ons dan leer om nederig te bly deur dankbaar te wees vir dit wat ons wel nog het en nie te trots maak soos Ikarus en te naby aan die son vlieg nie. Dankbaarheid sal ons altyd herinner aan die gevare van te naby aan die son vlieg. Dankbaarheid leer ons om in die seer, onsekerheid en anonimiteit van die lewe te waardeer omdat dit die kleure van ons vlerke ontwikkel.

Dalk doen die wat ons vlerke knip en ons pyn veroorsaak ons eintlik ‘n groot guns omdat dit wat ons seer maak ons ook heel maak?

Dalk moet ons nie vaskyk in dit wat ons verloor nie, maar rondom ons kyk na die vele ander wat ook verloor het en saam ons voete aan die pad slaan na ons bestemming totdat ons vlerke weer gegroei het en ons die kleure van ons pyn ‘n glinstering van hoop vir ander kan wees dat hul vlerke ook weer sal terug groei.

Vlieg hoog maat!

English

Scissor-people.The first time I heard of this was in the movie 'Vir die voëls.' (For the birds.)As usual, it made my mind wander. I also know scissor-people. I also know what it feels like to have your wings clipped unsolicited and when you cry about it you are dismissed as 'Too sensitive'.I dislike it when I see parents or confidants clipping children and each other's wings. We got wings for a reason and need to grow them as long and beautiful as possible so that we can then reach our full potential.But sometimes I also think towards the other side ... Because a matter has to be inspected from both sides.There are people who believe that when you shave a baby's hair after birth it will grow back thick and beautiful. I do not know how true it is, but what if it's true with our wings? What if our wings are clipped against our will, but the regrowth makes it so much stronger? Like when the pain and disappointment of life makes us stronger.What if the clipping of our wings teaches us to be grateful for our feet which then teaches us to remain humble by being grateful for what we still have and not making ourselves too proud like Icarus and flying too close to the sun . Gratitude will always remind us of the dangers of flying too close to the sun. Gratitude teaches us to appreciate the hurt, uncertainty, and anonymity of life because it develops the colors of our wings.Maybe those who cut our wings and our pain actually do us a huge favor because what hurts us also makes us whole?Maybe we should not stare at what we are losing, but around us look at the many others who have also lost and together we set foot on the road to our destination until our wings have grown again and we can display the colors of our pain as glitter of hope for others that their wings will grow back too.Fly high friend!

15 thoughts on “Skêr-mense. / Scissor-people.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s