Pak brigade.

Mense!

Trek en pak en alles saam dit sit nie in enige mens se broek nie…

Ek pak al amper ‘n week en dit voel nie of dit gaan ophou nie. Waar kry ons al hierdie goed!?

Jy weet…

Ons het ses maande terug na ons huidige blyplek getrek en gedink ons het min goed. Ons het niks ekstra en onnodig gekoop nie. Tot dusver het ek maklik drie swartsakke vol goed weggegooi en môre gee ek ‘n boks goed af vir liefdadigheid.

Ek is moeg vir trek…

So lyk dit:

Ek het nooit besef ons het soveel skoonmaak middels nie… Ook nie klere nie… jy mis een dag dan vat dit jou 3 weke om op te vang.

Al waarvoor ek op hierdie stadium hoop is dat as ons nou weer trek is dit met ons tasse op die vliegtuig.

Waarvoor ek wél dankbaar is, is dat waar ons nou gaan woon naby my ma is so ons het meer tyd saam tot ons gaan.

Dan is ek ook net bly dat ek vir die volgende paar maande nie gaan nodig hê om skoonmaakmiddels te koop nie. Haha!

My kuite is so seer en my rug trek skeef, my arms bou spiere van bokse rond dra en as my maag haarself kan inspan sal sy ook weer fiets en fiks lyk.

Dit is maar die ding van trek… Mens besef nie hoe baie goed jy gebruik in die werklikheid nie en ook nie hoe baie jy net kan weggooi of weg gee nie.

Wat is die hele idee rondom sentimentele waarde aan iets? Genugtig man! Dit gee my sommer ‘n angsaanval as ek aan daardie woord dink. Seker iets wat die ou mense uitgedink het om ons huise vol te maak. Vol stof… Geen wonder mense kry al minder kinders nie… hulle moet teveel afstof!! Daar is nie tyd vir kafoefel nie…!

So, nou weet julle… ek het min goed gehad. Ons het nou NOG MINDER! So… ons het meer tyd… maar daar gaan nie nog babas bykom nie hoor… 🤣

Toodles!

5 thoughts on “Pak brigade.

  1. appeltjie sê:

    Ek het so simpatie met jou. Maar eks nogal geheg aan n klomoie sentimenteke goed. So get my jkeindogter bv haar mamna se rokkie aan gehad wat haar mamma op 1 jaar aangehad het. Kosbare foto van die 3 van ons saam

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s