Drop alles!

Ons is ñ groep vroue, bloggers, en tussen ons klompie het ñ dorp ontstaan, Rebusfontein.

Iewers in Suid-Afrika. Iewers in ons lieflike land.

Hierdie hoofstuk sluit by ñ menigte voriges aan. Jy sal dalk frons, jy sal dalk wonder. Ja, Rebus bestaan. Vir ons, en dalk vir jou.

Rebus is ons wegloopplek, en soms ons wegkruipplek. Maar feite is, Rebus is ONS s’n.

As jy ooit lus het om deel te word, om deel te neem, sê net, en jou droom sal bewaarheid word.

Ek is op Rebusfontein. Die man en kinders moet maar trek. Ek het ‘n break nodig en het dit nou gevat.

In my kombuisie van my eie Rebus huisie is ek tuis. Ek is nie so goed soos Toorts met kos maak nie, maar op Rebus kan ek koek bak soos nog nooit nie! Wonderlike wêreld díe.

Die swetterjoel diere se gevegte het my laat dink aan die trek en die kinders en al die stress wat gepaard gaan met emmigrasie so toe kies ek die hasepad in my Selah in.

Dis my huis se naam. Selah. Hier kan ek net wees.

So in my eie gedagtes gekeer hoor ek vier bekende pote by my agter deur in klikke klak- klikke klak. Dit is Hope. Sy is my eie Pegasus.

Ek het haar een aand in ‘n droom ontmoet. Toe ek die kleure van haar vlerke sien vertel sy my dat toe sy nog ‘n klein perdjie was het haar wrede eienaars haar vlerke aanhoudend geknip. Hul wou haar net vir hulself hou.

“Ek verstaan.” sê ek. “Ek sou jou ook net vir myself wou hou. Jy is pragtig. Maar hoe is jou vlerke dan nou so lank? En jy vlieg?”

Sy glimlag.

“Elke keer wat my vlerke geknip is het dit nuwe kleure gemaak. Dit is nie al nie.” sy staan en kyk rond asof sy my ‘n groot geheim gaan vertel. “Elke keer wat my vlerke teruggegroei het, het dit sterker geword en kon my eienaars dit nie meer knip nie. Toe vlieg ek weg.”

‘n Traan rol eensaam oor haar wang. Sy kyk na my. “Nou het ek niemand nie.”

“Jy kan by my bly.” bied ek aan sonder om te dink. “En as jy wil gaan sal ek jou nooit keer nie.”

Van daardie dag af is Hope al by my. Sy weet sy kan enigetyd wegvlieg. Ek weet dit ook. Nou klim ek maar op haar rug en vlieg en saam na waar sy wil gaan.

Hierdie keer het sy saamgekom na Rebusfontein. Die Goue vroue het haar nog nie eens opgemerk nie! Sy word deursigtig wanneer vreemdelinge nader kom.

Ek hoor die Goue vroue nader stap. Regte kêkkelbekkies, maar hulle is my kêkkelbekkies.

By die voordeur kom hul laggend ingestap. Gesels nog oor die groot geveg. Una gryp ‘n vurk en vat ‘n hap uit my sjokolade koek. Toortsie gaan sit en bekyk my konkoksie beoordelend.

“Ek wou vir julle kook.” bloos ek.

“Ek sien daai ding…” sê San.

“Ek het kook klasse nodig.” mompel ek verleë.

“Het iemand gesê kook klas!?” roep Toortsie opgewonde uit.

“Ek is eerder lus vir ‘n uithang partytjie.” antwoord Una met ‘n stukkie koek in die kies.

“Wat van ‘n kook klas partytjie dan vier ons fees daarna?” stel San voor.

Hiep hiep hoera!! Tyd vir groot pret!! As daar een ding is waarmee die Goue vroue goed is, is dit fees vier en as daar niks is om te vier nie maak ons dit sommer op.

Soos wêreld sonopkom dag…

Sien jul in die kook klas!!

22 thoughts on “Drop alles!

  1. Toortsie sê:

    Ek wil jou ‘n geheim vertel. Ek kan glad nie so besonders kos maak nie. Kookklaspartytjie! Dit gaan heerlik wees. Trommeltjies kan ons daat G-slaai leer maak! 😁 en daarná hou ons partie soos kan kom.
    Jou Hope is pragtig verby! Dalk laat hy toe dat ons Goue Vroue sy maatjies word.

  2. Una sê:

    Sonell, dis ń skitterende idee, ń kookklaspartytjie!!! Iemand moet my leer broodbak, ek kry nooit een reg wat ek regtig van hou nie. En ń tipsy tert, daai een gaan ek alleen opeet!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s