‘n Rebus-kuns-kookklas.

Ons is ñ groep vroue, bloggers, en tussen ons klompie het ñ dorp ontstaan, Rebusfontein. Iewers in Suid-Afrika. Iewers in ons lieflike land.
Hierdie hoofstuk sluit by ñ menigte voriges aan. Jy sal dalk frons, jy sal dalk wonder. Ja, Rebus bestaan. Vir ons, en dalk vir jou.
Rebus is ons wegloop-plek, en soms ons wegkruipplek. Maar feite is, Rebus is ONS s’n.
As jy ooit lus is om deel te word, om deel te neem, sê net, en jou droom sal bewaarheid word.

Volg hierdie skakel om by die Inlinks te kom waar al die stories in die regte volgorde verskyn: https://fresh.inlinkz.com/p/e510564f63d7492b9d9a4654518443af

Gaan soek ook by die link as julle meer van hierdie betrokke bloggers se werke wil lees!

Al die Goue vroue staan gereed by hul kuns-kookklas tafels. Die tafels kreund onder eetbare verf en bestandele. Ons Chef / Kook instruktrise het gearriveer. Una en Trommeltjies het al gewyntjies en Seegogga verduidelik aan my hoe sy dit reggekry het om die stoep so gou so groot en mooi te maak. Dit is Rebus-glitter jy weet…

Eenkant sien ek vir Hope om die boom loer. Sy is nie gewoond aan soveel loud vroue bymekaar nie!

“Sjjjt!” maak Christa almal stil. “Ons Chef wil begin.”

Isabella Gqeberha staan doodstil en almal bekyk. Sy ken van mense lees.

“Vandag gaan ons elkeen ons gereg kies volgens ons verjaardag maand.” sy is eintlik Iers, maar in Rebus kan sy Afrikaans praat.

“Sonéll. Wat is jou gereg volgens jou verjaardag maand. Februarie?”

Ek draai my resepte kaartjie versigtig om. Bid dat dit net iets maklik moet wees.

“Aarbeie en sjokolade.” Ek glimlag breed! Dankie tóg! Maklik!! Dan kyk ek weer…

“Aarbei en sjokolade kolwyntjies met ‘n sjokolade royal icing versiersel.” Nee!! Ek lan nie bak om my lewe te red nie!!

Toortsie draai haar kaartjie om.

“Guacamole.” Sy sug diep.

Una.

“Tuisgemaakte roomys met ‘n bietjie skop.” sy giggel verlig. “Dankie tog!”

Seegogga.

“Ruimte koek.” Amper soos ‘n krismis koek net anders.

Elke Goue vrou noem hul gereg of gebak. Hope staan nuuskierig nader. Sy word bekommerd omdat die vroue skielik so stil raak.

“Nou goed.” sê Isabella. “Die heel eerste ding om te onthou met jou resep is dat jy die met al die goud in jou hart moet maak. Anders gaan dit flop…

“O heng.” antwoord Scrappy. “Ek het nie my voorskoot gebring nie…” ‘n verskoning om uit die klas te kom.

“Ek het ‘n ekstra een!” roep San uit en gee vir haar een aan. Nou kan sy nie meer kop uittrek nie.

Una en Toortsie deel vir elkeen ‘n glasie Franjelicó uit. Vir die senuwee jy weet.

Chef Isabella gee die groen lig. Elkeen mag soveel vrae vra as wat hul wil, maar hul MOET eers self probeer.

Sonéll probeer die koekmeel oopmaak, maar dit ontplof skielik in haar en Trommeltjie se gesigte!

“Agnee!” roep Trommeltjie. “Wat maak jy?”

“Factory fault vriendin.” lag Sonéll.

Toortsie maak haar groot bottel room oop en gooi als in haar bak. Come hell or high water hierdie gebak gaan bant wees!

Una se room wil nie lekker styf klop nie en skielik gly die bak uit haar hande uit! Die room tref Christa in die gesig en uit skok gooi sy ‘n koppie appel asyn in Una se rigting! Sy stik van die sterk geur en gril vir die reuk in haar hare.

Die Goue vroue besluit op ‘n kosgeveg eerder as ‘n kook klas!! Oral sien jy net potte, panne, eiers en meel vlieg! Hope duik agter ‘n bos in vir skuiling. Elke vrou gee uiting aan hul opgekropte emosies die afgelope jaar!

Drie ure later sit elkeen met hul eie dis voor hul. Seegogga glimlag verlig.

“Ek het dit nodig gehad.”

“Ek wens ons kon dit elke dag doen.” sê Frannie.

“O nee!” antwoord San. “My budget sal dit nooit oorleef nie.”

“Toemaar,” troos Una. “Hier op Rebus is alles in oormaat beskikbaar!”

San het die foto’s sommer vinnig gesnap.

Isabella staan nader en bekyk elkeen se meesterstuk.

“Julle het goed gedoen! Beter as wat ek gedink het met die kos geveg!” sy vee room van haar wang af en probeer die kraaines van stroop uit haar hare kam. “Julle het meer goud in julle harte as wat mense julle voor krediet gee.”

Die Goue vroue bloos.

“Seegogga, dit is jou beurt om hul te help om die eetgoed te versier.”

Seegogga staan stadig op. Sy probeer die eetbare verf uitken, maar al die blikke is vol kos gesmeer. Christa draf dit deur met ‘n lap.

“Nou goed dames… hier kom die lekker deel!”

❤️

16 thoughts on “‘n Rebus-kuns-kookklas.

  1. trommeltjies sê:

    Net wat ons nodig gehad het ń heerlike prettige kos geveg ( eintlik die verkeerde woord, want dit was ń emosie ontploffing). Pragtig geskryf Sonel en mooi foto’s geneem. Nou vir die versier deel, nog pret.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s