Deur die blare op Rebus – Februarie.

Hierdie hoofstuk sluit by ñ menigte voriges aan. Jy sal dalk frons, jy sal dalk wonder. Ja, Rebus bestaan.

Vir ons, en dalk vir jou.

Ons is ñ groep vroue, bloggers, en tussen ons klompie het ñ dorp ontstaan, Rebusfontein. Iewers in Suid-Afrika. Iewers in ons lieflike land.

Rebus is ons wegloop-plek, en soms ons wegkruipplek. Maar feite is, Rebus is ONS s’n.

As jy ooit lus is om deel te word, om deel te neem, sê net, en jou droom sal bewaarheid word.

https://fresh.inlinkz.com/p/e510564f63d7492b9d9a4654518443af

Kan jy glo!? Hierdie goue vroue kan kook dat dit bars!

Elkeen is in die oomblik. Appeltje meet haar bestandele versigtig uit. Aalsie breek ‘n eier oor haar mengsel. San strek oor Una om die sout te kry en stamp ‘n glas water om. Dit hardloop tot teen die sak koekmeel. Niemand sien eers die ongeluk raak nie!

Ek gryp ‘n lap en spring tussen Una en Toortsie in.

“Wat maak jy nou!?” roep Toortsie uit.

“Ek probeer die meel red!” lag ek.

Una kyk verskrik op. “Die meel! Die koekmeel!” sy gryp na die sak.

“Toemaar, ek het dit onder beheer.”

My Griekse slaai is klaar so ek kan gaan foto’s neem. Trommeltjie het besluit ons foto sessie se tema is blare omdat ons almal iewers in ons resepte gaan blare gebruik.

Myne is maklik! Ek was so bly, want om te bak os nie eintlik my sterk punt nie…

Ek haal diep asem en gaan staan gereed vir my foto met die slaai. Na 2020 is ek nie meer so mal oor foto sessies en so nie. Ek het bietjie anti-sosiaal geword, maar op Rebus bestaan daar nie so iets nie. Face your fears girl! Bol wange en al! 😅

Ons is 3 wat in Februarie verjaar. Geen wonder ons groepie is so lekker crazy nie!

Ons Februarie girls is mos maar ekstra oor die lewe.

Ons is ekstra crazy.

Ekstra kreatief.

En ekstra liefdevol!

7 thoughts on “Deur die blare op Rebus – Februarie.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s