I write fiction. Ek skryf fiksie.

Ek skryf verbeeldingstories… In 2017 het ek my heel eerste boek uitgegee. Ek wou net een skryf. Net om te kan sê dat ek het. Ek glo dat elkeen van ons ten minste een boek in ons het. Een storie wat wil vertel word. Dit hoef nie ‘n verbeeldingstorie te wees nie. Dit kan JOU storie ook wees. Elke storie wat ons skryf is in elkgeval ONS storie.

Anyhoo… Ek dwaal…

Wat ek eintlik wil sê is dat ek Fiksie skryf. Opmaak stories. Wat ek wel agtergekom het rondom dit is dat ons wat fiksie skryf nie elke dag baie lekker is nie. Ons floreer daarop om ons karakters deur intense pyn te sit. Ons dink crazy goed uit en dan red ons hulle aan die einde en hulle bedank ons vir die lyding…

Om te kan stories skryf moet jy effe van jou looitjie getik wees. Jy moet soms bloedorstig wees en ander kere totaal uitspattig. Die snaakste van alles? Ons karakters praat met ons. Met my eerste boek – Karoo Vryheid – het dit gevoel of die twee hoofkarakters heeltyd by my is en hul storie vir my vertel. Met my tweede boek – Karoo Vrede – moes ek dieper soek en ander karakters inbring om die hoofkarakter te laat praat. Nou met my derde boek – Die titel is nog ‘n geheim – is dit asof ek die hoofkarakter se lewe voor my sien afspeel.

Skrywersblok is soos ‘n groot griep. Jy wil eet, maar jy is nie honger nie. Jy wil beweeg, maar jou lyf is te seer. Jy wil skryf, maar die woorde ontbreek jou en op die ou end is dit eintlik jou eie uitstelling wat die proses so uitmergelend maak, want jy twyfel. Ek twyfel of ek goed genoeg is… Ek is nie, maar my stories word gelees. Ek twyfel of ek dit reg doen. Ek doen nie, maar ek leer soos ek aangaan. Ek is hopeloos te lui… Ek het verskriklik baie verskonings, maar nou ja, hoe kan ek dit verander? Ek het net verskonings, want ek is bang. Ek is bang vir daardie verwerping en negatiewe kommentaar. Sommige negatiewe kommentaar kan goed wees, maar ek het al so oordosis van afbrekende kritiek agter my blad dat ek bloot net een groot vrees ontwikkel het. Ek reken dit is elke skrywer se probleem. Ons voel nooit goed genoeg nie, maak nie saak hoeveel woorde ons in boeke omskep nie. Die enigste persoon wie se kritiek ek sal aanvaar is my proefleser. Sy het al vele kere my bas gered! haha!

Dit is weird. Ek weet. Ek is weird. Maar dit is wat julle die heeltyd na my stories lok.

So op die ou end is dit nie net ek – die skrywer – wat effe van my looitjie getik is nie… Dit is ook julle, my lesers en ek is mAl oor julle!

Dankie dat julle aanhou lees.

Toodles!

English

I write imaginative stories ... In 2017, I published my very first book. I just wanted to write one. Just to be able to say that I have. I believe that each one of us have at least one book in us. One story that wants to be told. It does not have to be an imaginary story. It can be YOUR story too. Every story we write is OUR story anyway.
Anyhoo ... I digress… 
What I really want to say is that I write Fiction. Imagination stories. What I did find out about this is that we who write fiction are not very normal every day. We thrive on putting our characters through intense pain. We think up some crazy drama and then we save them at the end and they thank us for the suffering ...
To be able to write stories, you need to be a little bit crazy. Sometimes you have to be bloodthirsty and other times totally extravagant. The funniest of all? Our characters talk to us. With my first book - Karoo Vryheid - it felt as if the two main characters were with me all the time and told me their story. With my second book - Karoo Vrede - I had to search deeper and bring in other characters to get the main character talking. Now with my third book - The Title is Still a Secret - it's like watching the main character's life unfold before me.
Writersblock is like a big flu. You want to eat, but you are not hungry. You want to move, but your body is too sore. You want to write, but the words are missing and in the end it is actually your own procrastination that makes the process so grueling because you doubt it. I doubt I'm good enough ... I'm not, but my stories are read. I doubt I'm doing it right. I do not, but I learn as I go along. I'm hopelessly lazy ... I have an awful lot of excuses, but how can I change that? I just have excuses because I'm scared. I'm afraid of that rejection and negative comments. Some negative comments may be good, but I already have such an overdose of derogatory criticism behind me that I have simply developed one major fear. I reckon this is every writer's problem. We never feel good enough, no matter how many words we turn into books. The only person whose criticism I will accept is my proofreader. She has saved my bum many times already! haha!
This is weird. I know. I'm weird. But that's what attracts you to my stories all the time.
So in the end, it's not just me - the author - who is slightly crazy... It's you too, my readers and I love you!

Thank you that you keep reading!

Toodles!

10 thoughts on “I write fiction. Ek skryf fiksie.

  1. appeltjie sê:

    Jou woorde is jou woorde. Ons goue vroue aanvaar mekaar soos wat ons is. Dis iets wat ek geleer het. Maar daar sal altyd iemand wees wat nie my goed nou nie, en dan is so maar so.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s