Hoe dan anders?

Ons is ‘n groep vroue, bloggers, en tussen ons klompie het ‘n dorp ontstaan, Rebusfontein. Iewers in Suid-Afrika. Iewers in ons lieflike land.
Hierdie hoofstuk sluit by ‘n menigte voriges aan. Jy sal dalk frons, jy sal dalk wonder. Ja, Rebus bestaan. Vir ons, en dalk vir jou.
Rebus is ons wegloop-plek, en soms ons wegkruipplek. Maar feite is, Rebus is ONS s’n.
As jy ooit lus is om deel te word, om deel te neem, sê net, en jou droom sal bewaarheid word.

Die Goue Vroue gaan die Ruimte ontgin! Maar nie net die Goue Vroue nie, enige een wat graag deel wil wees van hierdie ervaring, mag saamskryf! Laat weet net vir een van ons en ons sal jou graag verwelkom. Nuwe mense bring altyd nuwe idees, nuwe entoesiasme, nuwe gees. Ons skryf in geen spesifieke volgorde nie, maar soos wat elkeen van ons aandui dat sy graag volgende wil skryf. Vier dae word toegelaat voor ‘n volgende persoon haar storie plaas sodat almal genoeg tyd het om dit te kan lees. Dit sal goed wees as ons stories by mekaar kan aansluit. Komaan dames, kom ons kyk wat die ruimte ons bied. The sky is NOT the limit! Veral nie vir die Goue Vroue nie!Volg die storie deur op HIERDIE SKAKEL te kliek.

Hulle sê dat elkeen van ons ten minste een sielsgenoot het in hierdie lewe. Sommige glo dat ons meer as een het. Ek wil met die laasgenoemde saamstem.

Sielsgenote besluit om mekaar se tekortkominge te aanvaar. Nie omdat hul oortuig is dat hulself perfek is nie, maar juis omdat hul weet hulself is nie perfek nie. ‘n Sielsgenoot kan enige geslag wees. Manlik of vroulik. Daarom het die Goue Vroue so sterk band.

Elkeen besef dat hul elkeen ‘n spesiale eienskap het wat die sisterhood so sterk maak. Party kan pragtig sing. Ander kan planne in ‘n oogwink maak. Ander kan heerlike feestafel berei. Dan is daar weer die wat diere kan verf en daarmee saam ook ‘n blou Maandag kan ophelder. Daar is ook diegene wat vir hul Wysheid bekend is en wat sou ‘n groep hegte vriendinne wees sonder ‘n loskop of twee.

Die Goue vroue het al die binnekant van die aarde en nou die ruimte ontgin. Hulle het timetravel probeer en diamante ook gesmokkel! Wat is volgende? Egipte? Parys? Miskien ‘n maskerbal by die Koningin van Engeland om hul dapperheid in die ruimte te vier? Nadese het hul eintlik die aarde gered van die verskriklikste konsternasie. Wie weet, die yswurms kon moontlik beplan het om die aarde oor te neem… ‘n Goue les wat hul wel geleer het is om wanneer jy besluit om die vreemde in te gaan nie te verwag dat dit dieselfde sal wees as op die aarde nie. Elke planeet het sy eie kultuur en manier en moet mens maar liefs jou hande vir jouself hou. 😉

Uiteindelik is die Goue Vroue se voete weer vas op die aarde.

“Wat ‘n vooreg is swaartekrag nie vir ons nie?” Roep Toortsie dankbaar uit.

“Ek dink ons elkeen verdien een van hierdie.”

Woordnoot knipoog en gee aan elkeen ‘n klein glasie Tiramisoe sappies.

Una staan selfversekerd op en lig haar glasie.

“Goue Vroue. Susters. Ek wil aan elkeen van julle my absolute dankbaarheid uitspreek en jul komplimenteer op ‘n job well done. Waarokal ons gaan is absolute chaos! Dit lyk soms of alles uitmekaar val, maar dan span ons elke keer kragte saam en werk alles tog weer uit op die ou end. Baie geluk en welgedaan!”

Elkeen lig hul glasies en sluk eensklaps alles op. Iewers in ‘n huis lui ‘n foon, maar niemand hoor nie. Sou dit belangrik wees? Of miskien bel ‘n nuwe avontuur?

Ons sal nie weet totdat iemand die foon antwoord en luister nie…

Foto van Google verkry. Die Goue Vroue tuur oor die verte en besin oor hul avontuur in die ruimte.
Foto verkry van Google. Nog ‘n dag. Nog ‘n taak gedaan. Maar vir nou sal die Goue Vroue ontspan tot die volgende oproep na avontuur.

Goue Vrou groete

Sonéll

Toodles!

6 thoughts on “Hoe dan anders?

  1. seegogga sê:

    Jy stel dit so mooi Sonel! Ek besef nou eers dat ons al van die middel vd aarde tot in die buitenste ruimte beweeg en die wonderlikste avontur gehad het. Baie dankie vir hierdie mooi epiloog.
    Waarheen volgende? Dhopping dpreebin zpsrys,? Troue in Italië? Wie weet,,,,?

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s