Die Goue Vroue is op vakansie.

20.9540° S, 150.0726° E

Die Goue Vroue is ń groepie bloggers wat saam aan spesiale stories skryf. Indien jy mettertyd lus raak om saam te lees, en wil uitvind hoe die Goue Vroue beland waar hulle nou is, gaan loer in op die link:https://fresh.inlinkz.com/party/a844ec34c0574957a27ccdce16e2a94d

Jy weet… Jy kan die Goue Vroue uit die bos haal, maar nie die bos uit die Goue Vroue nie… Na ‘n boek geskryf kan word van die vakansie en al díe se gebeure is dit nog nie klaar nie…

Trommeltjie , Positief en Woordnoot het spoorloos verdwyn! Die groepie vroue wat die skipbreuk oorleef het (vir nou) sit styf teen mekaar en probeer warm word.

Virgo C kyk op en vas in die rygste oerwoud wat sy al ooit gesien het. Haar oë rek soos pierings en sy styer oor haar woorde. Sy klop Una op die skouer.

“K-k-k-kleinsus. Ek dink nie ons het in Ballito uitgespoel nie.” En sy wys voorentoe met haar bewende vinger.

Una kyk angstig op en oor Virgo se vinger. Haar oë rek groter. “Ag nee! Ek het so gehoop ons sal ‘n gelukkie iewers kry.” Dan spring sy verskrik op en begin haar kopvel krap en haar klere afklap asof sy ‘n morsige garage pie geëet het! “Eeeeuw!” Sy gril van kop tot toon en draf al om die Goue Vroue. Die res begin ook so grillend en gillend opspring!

Jy sien net hare waai en klere waai! Op die sand waar hul gesit het is daar miljoene klein krappies wat lyk soos baba spinnekoppies!!! Die vroue hol die woud in om ontslae te raak van al die goetertjies! Klere bly agter…

‘n Ent die woud in kom hulle tot stilstand. Appeltjie hou haar bors vas terwyl sy probeer asem skep. Hulle besef skielik hulle klere het agtergebly en elkeen kies ‘n boom of ‘n lewensgroote blaar om agter te skuil.

Toortsie gil van die lag! “Julle! Ek het so gehoop ons sal op Rebus uitspoel. Watse plek is dit díe!?” Sy lag omdat hierdie situasie haar verstand te bowe gaan. Hoe beland hulle elke keer in hierdie panaries!?

Kameel klop Toortsie op die rug wat nou verstik aan haar eie gelag. “Hande in die lug as jy kug!” “Die enigste manier vir ons om hier weg te kom sal wees om die klank van daardie dromme te vind. Hopelik vind ons, ons ander vriendinne ook daar…”

“Is jy laf Kameel!?” Roep Seegogga. “Daardie tromme kan net moeilikheid wees. Ek stel voor ons skryf H-E-L-P in die sand met twee bon-fires weerskante, dan kan ‘n vliegtuig ons opspoor. Dalk vlieg Elon hier verby en help ons.”

“Dit werk net in die flieks.” Antwoord Sonéll. “Ek sê ons trek ons Goue Vroue broeke aan en mars aan.”

“Watse broeke?” Vra Christa. Sonéll wys na hul elkeen se buffer serpe wat om hul nekke hang. “Onthou julle nie? Hierdie is Goue Vroue serpe en kan in enige ding verander! Rek dit drie maal in die lengte. Dan drie maal in die breedte. Dan sê jy wat jy wil hê en jy het dit!” Die vroue volg die instruksies en netso het hulle elkeen ‘n nuwe stel droeë klere aan.

Die vroue besluit voorwaarts mars en vorm ‘n ry. Virgo C lei hulle deur die bosse. Nader en nader aan die tromme.

Wat sal hulle daar vind? Wie sal hulle daar vind?

Wie is braaf genoeg om die storie te vertel?

19 thoughts on “Die Goue Vroue is op vakansie.

  1. seegogga sê:

    Ek moet netvhooo nieceen van julle het n vyeblaar gekies omvagtercwegvre kruip nie! Arme Adam en Eva- ‘n vyeblaarcqas siwaar steaf genieg- vra enigeenvwat alvgrienvye gepluk het vir konfyt. Ek dog ook ons is weer veilig in die beskawing… maar julle weet wat met dog gebeur het, né? Uitstekend Sonell!

Lewer kommentaar op Toortsie Kanselleer antwoord