Afrikaans…. Afrikaans is my moedertaal, my bloed, my are, dit is deel van my Afrika hartklop. Ingels is maklik, maar Afrikaans, Afrikaans rol sommer so lip lekker op die tong.
Ek is lief vir Afrikaans.
Ek is lief vir Afrikaanse musiek, flieks, sepies en stertjies las. Afrikaans is soos grondboondjie botter en konfyt op roosterbrood.
Baie vra my waarom ek so lief is vir Afrikaans en dit is heeltemal eenvoudig. WANT EK IS AFRIKAANS!!! Ek is nie ‘n verraaier van my moedertaal nie en ek sal haar nooit vervang met ‘n ander. Ja, ek is lief daarvoor om in Ingels ook te skryf, want dan verstaan almal dit sommer ook. Maar hierdie jaar, hierdie jaar wil ek my Afrikaans soveel vereer soos ek my God vereer. Ek wil Afrikaans LEEF en eet en asemhaal, want dit is LEKKER!!!
Met eisj ja sal ek elke Afrikaanse woord van my tong af laat rol!!
GESONDHEID op ‘n toekoms in AFRIKAANS!!
Ek stem saam. Ek se ook elke keer ek gaan meer in Afrikaans skryf maar dan a.g.v. die gehoor skryf ek maar weer in Engels. Ek geniet jou blog en geluk met die Baba. Dankie dat jy my blog Afrikaansisfun begin volg het. Dalk sal jy my blog sonneblomme,koffie en varkies ook interresant vind http://sunflowersandcoffee.wordpress.com/
Hi daar
Baie dankie vir jou kommentaar en gelukwense. Ek gaan beslis jou ander blog ook volg.
Groete!
Baie dankie! Sien uit na nog van jou “posts” Ek kry nie die link waar ek gaan inskryf om “updates” via E-pos te kry nie?
Ek blog al ‘n hele ruk, maar sal jy glo, ek het nie ‘, clue hoe om daardie knoppie te kry nie. Kan jy my dalk help?
ek hoop ek kan jou verduidelik. moet ek dit hier doen of kan ek jou e-mail? My e-mail adres is amanda.calitz1@gmail.com