Ons was laat!

Gister was ‘n anderste dag. Ek het besef dat ons defnitief nou ‘n nuwe roetine moet inbring met nuwe reels.

Gisteroggend het ek vir boeta 6:00am wakker gemaak. Hy is dadelik sitkamer toe vir stories kyk. Ek het hom kort kort gesê hy moet nou aantrek, maar niks. Hy het ook net ‘n paar happe pap gevat. Teen die tyd wat ek moes ry was hy steeds nie gereed nie. Sug… Die gevolg was toe natuurlik dat ons 20 minute laat was!

As jy my ken sal jy weet ek het ‘n kleintjie dood daaraan om laat te wees. Ek sal veel eerder te vroeg wees. Dit is net goeie maniere.

Nou ja, in die kar na ‘n groot gestoei. Halfpad skooltoe onthou boeta hy het nie sy bril op nie. Ons ry terug. Halfpad skooltoe weer besef ek hy het nie sy medisyne gedrink nie. Weer terug huistoe. By die skool is almal skoonveld.

Asof die wegraping plaasgevind het…

Ons hoor toe dat die kinders na die vierkant is vir opening.

Ag aarde sluk my in!

Daar wag ek maar saam boeta by sy klas tot juffrou aangestap kom met die klas. Met die gewag preek ek ordentlik.

“Jy moet nou luister wanneer ek vir jou sê eet klaar en trek aan. Jy gaan na die hoof se kantoor toe gaan as jy weer laat is. Ons sal maar vir juffrou vra om jou nie vandag kantoor toe te vat nie.”

Ag die arme kind was so gerattle. My hart was so seer na die tyd, want plaas troos ek hom net. Sy oggend was mos toe nou klaar omgegooi.

Juffrou kom daar aan. Ek vra omverskoning en belowe dit sal nie weer gebeur nie. Woeps in die klas.

Die middag hoor ek dat die man nie ‘n lekker dag gehad het nie. Ek bederf toe maar met ekstra drukkies en soene en ‘n waaier vir die kinders se kamers, want hierdie snikhete maak ons lam in die boude, en toe is als weer beter.

Toe kom die eerste ouer aand ook nog gister aand. Net jou basiese reels en moets en moenies en gesonde kosblik en so. Toe die groot vraag. Wie sal bereid wees om die “klasmamma” te wees.

Stilte.

Na ‘n ruk roep iemand my naam uit. “O nee!” Antwoord ek vinnig terug. Ek is jammer, maar ek is besig met ‘n nuwe boek wat ek skryf, so ek sal ongelukkig nie kan nie.

Stilte.

Dalk ‘n klaspappa?

Stilte.

Toe nommineer ek ‘n vriendin en sy aanvaar toe. Sy is beslis beter uitgeknip vir die werk as ek.

So dit was ons Maandag. Vanoggend het die nuwe reels en roetine in werking getree.

6:00am Opstaan tyd.

06:30am Aantrek, pap eet, tande borsel en tas pak.

07:00 am Stories kyk.

07:10-15am In die kar klim, bid en ry.

Vanoggend het vlot verloop. Vanmiddag se roetine nie so vlot. Boeta was so opgewonde vir sy huiswerk dat hy nie eers wou eet voor hy moet huiswerk doen nie. Ek kla ook nie. Hy het baie oulik sy ‘b’ geoefen, ‘n prentjie uitgeknip, om die huis geloop en ‘n boek op sy kop gebalanseer en gehuppel.

Hy werk met soveel ywer en geniet elke dag by die skool. Al is hy bietjie van ‘n dromer weet sy oulike juffrou hoe om sy aandag weer te kry.

Ons geniet Graad een en het met ‘n goeie voet afgeskop.

Toodles!

Advertisements

5 thoughts on “Ons was laat!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s