Ek sukkel.

As ek vandag vir jou moet verduidelik hoe ek voel gaan my woordeskat my ontbreek.

Ek hoor van Harry en Megan se misnoë en ek dink: Julle het al die rykdom en minimale bekommernisse, julle wou UIT die oog wees, maar nou gaan sit julle en kla oor ditjies en datjies terwyl die wêreld gebukkend gaan onder mense van julle kring en die wêreld moet erkenning gee omdat julle “swaarkry”. Flippet man!

Ek is kwaad vandag! Ek is flippen woedend! Ek het nounet my pa wat effe hoog is buite die dorp gaan aflaai omdat die Nyope koppe in die dorp hulle blykbaar jaag. Hy en sy reisiger vriend nou…

Vir 6 jaar al doen ek video’s en preek ek die Woord en vir 10 jaar al blog ek en my grootste leser- en kyker kring is van die buiteland! (Daaroor kla ek nie, maar die ondersteuning van familie en vriende help…) Tog stoei ek voort. Alleen.

Ek het ook sonder my eie pa in die huis grootgeword. Nooit kans gekry om vriendskapsbande te smee wat jare sou hou nie, omdat ons alewig rondgetrek het. Ek is altyd die een wat na ander uitreik, ‘n handjie vol reik na my toe uit. En as mense ophou om jou te antwoord en ophou om op jou sosiale media plasings te reagee dan weet jy waar jy met hulle staan.

Ek loop daagliks onder rassistiese aanvalle op my eie mense EN MY TAAL deur terwyl Harry en Megan ‘n handjie vol ondervinding het daarin.

2020 was my grootste sielkundige geveg. Soos baie ander, maar ek het nét die Here en Heilige Gees gehad! Dit is vir my genoeg, maar soms het jy ‘n fisiese vriend of vriendin nodig wat weer aan jou bevestig wie jy in Christus is.

Vir 3 dae is ek nou in ‘n flat out depressie wat ek meestal slaap wanneer ek alleen by die huis is. Dan staan ek op, maak die huis skoon, gaan haal die kinders by die skool en gister het ek die middag ook geslaap! Dit was nog nooit so erg nie. Ek het begin om iets daarvoor te neem… (Ek soek asseblief nie simpatie nie, ek is vandag net eerlik, want ons ALMAL sukkel.)

Maar ek besef, ek het niks om oor te kla nie. Ek het nie die wêreld se geld nie so ek het ook nie die wêreld se skuld nie en die wêreld besit nie my siel nie. Ons het ‘n huis. Ons is gesond. My kinders is normaal. Ek is dankbaar. Elke. Liewe. Dag.

Elke dag staan ek op. Of ek nou wil of nie. Elke dag is ek in ‘n sielkundige oorlog. Soveel so dat my liggaam nou moeg is en voel ek die druk daarvan. Elke dag sê ek: HERE U IS MY VEILIGE VESTING! U is my krag! I is my porsie! U is my alles!

En môre begin ek weer. Môre baklei ek weer. Môre staan ek weer op. Môre eet ek weer die nonsens op. Môre hoop ek weer dit sal beter gaan.

Nou op dag 4 voel dit nog nie beter nie. Daar is verskeie dinge wat hiertoe bydra, maar ek is ‘n sterk baba. As Dawid en Elia en Jeremiah dit kon oorleef sal ek ook kan.

Al wat ek vandag vir jou wil vra is as jy ‘n vriend of familie lid sien wat eensaam is of lyk of altyd die sterk een moet wees…. vra hulle of hulle ok is, want hulle het dit die meeste nodig.

As jy soos ek ook ‘n eensame pad met God stap wil ek jou vandag bemoedig. Jy is nie alleen nie, jy kan hierdie doen! Jy is sterker as wat jy dink.

Wat ek doen, doen ek nie vir mense nie. Ek leef vir die Here! My roeping is om die wêreld te vertel dat Jesus hulle losgekoop het. Maar ek is ‘n mens en ‘n mens word moeg en siek en sat. So vandag is ek moeg en siek en sat en hoop ek dat Harty en Megan hulle seëninge sal begin tel, want daarvan het hulle in oorvloed. En ek ook.

20 thoughts on “Ek sukkel.

  1. Dr Christa van Staden sê:

    Ek stem met jou saam. Sleg om te sien dat hulle so aandag soek. Terwyl die miljoene inrol terwyl hulle hulle naaste familie dalk nog verkeerdelik as rassisties uitkryt. Ek is jammer vir jou, hoop dit gaan gou baie beter. Onthou net, mense antwoord nie altyd op plasings nie, enkeles gesels saam op my plasings. Die skryf is vir my ‘n uitlaatklep, ek waardeer as ander reageer, maar dit is nie waarom ek skryf nie. Ek beskou my blog as my persoonlike joernaal – ‘n onthou vir eendag as ek oud is.

  2. Tannie Frannie sê:

    Kan net nie die versoeking weerstaan om die soveelste brokkie oor die prins en die TV-ster te lees nie! Ek skaam my dood… Liewe Sonell, onthou jy is fisies ook uitgeput met die trek en die kindertjies en al jou harde werk. Ons dink aan jou, ons liewe goue vriendin.

  3. appeltjie sê:

    Sonell , well done you dat jy depressie op die naam noem . En jy kan ondersteuning van ons verwag, saam met n bietjie simpatie. Gee die medikasie kans vir 2 weke. Dis die magiese tyd.

  4. VirgoC sê:

    Sonell, jy is awesome!! Ek stem met Appeltjie, regtig, jy is braaf en awesome. Ons is hier en kan gee wat ons kan. Dankie dat jy dit deel. Dankie dat jy erken jy is kwaad, dat jy sukkel. Ek noem jou in my gebede, ek dink aan jou in die oggende wat ek wakker word en dankie sê. Jy hou aan, jy begin elke dag oor, tree vir tree, ons help vashou,xx

  5. woordnoot sê:

    Sonellie…..hou net daaraan vas dat dit weer beter sal gaan. Dis moeilik on te erken as mens sukkel,hoekom dink jy skryf ek deesdae so min, want ek is daar waar jy is. Ek kan net nie in die bed bly. Glo my, ek soek elke oggend rede on te bly lê
    …maar vat my hand vas daar waar ons onder die bed lê….een van ons twee gaan die ander een uit ruk. Vir nou lê ons net en stof ruik…dis ok.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s