Snotgrasmense

Het jy al die fliek strikdas gekyk? Buiten Leandi se pragtige skitterende tande wat ek oopmonds aangegaap het, was daar ‘n scene wat vir my ongelooflik mooi was. Die oomblik tussen pa en seun. Waar die pa vir sy seun vertel dat hulle eintlik snotgrasmense is.

Dit speel af nadat Willem ‘n liefdesteleurstelling ervaar. Hy bly vir dae lank in sy kamer, onder sy kombers. Ja, ek het gedink hy gaan net daar versmoor… Nietemin. Sy pa kom by hom en vertel hom hulle is soos snotgrasmense.

As jy al met ‘n stok in ‘n stroompie gegrawe het waar daar baie gras onder die water was sou jy gesien het dat dit baie snotterig is. Dit klou aan die stok en hoe meer jy probeer om dit af te skud, hoe meer klou dit. Snotgras mense is presies so. Ons klou aan mense. Of hulle ons nou daar wil hê of nie. Ons kan net nie laat los nie.

Ek is ‘n snotgras mens. Ek vermoed my kinders ook. Hulle klou aan my. Of ek hulle die dag daar wil hê of nie…

Ek sal baie in your face wees. Ek sal my alles probeer om die lewe vir jou makliker en beter te maak. Ek sal selfs myself indoen daardeur.

Om ‘n snotgrasmens te wees is nie noodwendig ‘n slegte ding nie. Dit is ook nie noodwendig die beste ding om te wees nie. Maar die beste raad wat ek jou sal kan gee; ook uit die film, sal wees: “Soms is dit die beste om jouself te wees, maak nie saak hoe ongemaklik dit is nie.”

Dit is soms beter om net die beste jy te wees. Snotgrasmens en al.

 

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s