Doen dit in 2018

eindig 2017

Ek kon die afgelope paar weke NIKS kans kry om hier te skryf nie, want die kids is by die huis met die skoolvakansie en julle weet hoeveel werk dit kan wees… Nie dat ek enigsins skrywersblok het nie. Ek het baie dinge waaroor ek wou skryf, maar o wee, die kinders is besig, besig, besig. Haha!

Soos ek verstaan was 2017 weer vir baie mense ‘n moeilike jaar. Nie al ons familie of vriende het dit oorleef nie en dan was daar die vele afgraderings tot ‘junk status’, die Zuptas wat ons land beheer en vele ander uitdagings in persoonlike lewens. Vir ander was dit ‘n uitstekende jaar! Sommiges het getrou, ander het swanger geraak, ander se baba’s is reeds gebore en met elke een van daardie mylpale in hul lewens is ek steeds nie seker of ek hulle geluk of sterkte moet toewens nie…

Vir my was 2017 my beste jaar ooit! Ek het die groot 30 geslaan en saam met dit het baie ander dinge gekom. My vlogs se beeld het verbeter en meer solied geraak, my praatjies daarop het meer lyf gekry, my boek ‘Karoo Vryheid’ is bekendgestel, en my girly is so te sê van die doeke af. My beste nog was dat ek hier op my blog 5145 lesers vir hierdie jaar bereik het! Hoewel al hierdie wonderlike dinge met my gebeur het, was 2017 ook nie vir my altyd net maanskyn en rose nie. Ek het op ‘n plek gekom waar ek die ‘flaws’ in my eie karakter kon raaksien en het daaraan begin werk. Ek het ook afstand gedoen van mense wat nie positief bydra tot my lewe nie. Ek het begin oefen en gesond eet sodat ek die liggaamlike oortollige rolle kan afskud. (Dit is steeds ‘n proses.) Ek het gekies om in die oomblik te begin leef en ‘n gesindheid van dankbaarheid aan te neem sodat ek die sielkundige gewig ook kon afskud.

Die grootste les wat ek geleer het hierdie jaar is dat mense nie altyd gaan omverskoning vra vir die seer wat hul in jou lewe bring nie, maar om jou eie vrede te behou moet jy hul steeds vergewe. Dit red jou van ‘n ewige tronk waarvan jyself die wag word… Al is mense nie jammer nie, vergewe hul in elkgeval. Deur dit te doen word dit makliker om in die oomblik te leef en dankbaar te wees teenoor die Here vir alles wat Hy aan jou voorsien. Wees jy die verskil wat jy in die wêreld wil sien.

Doen DIT in 2018. Laat jou innerlike lig skyn. Moenie toelaat dat ander se optrede jou lig laat verdof nie. Hulle leef alreeds in hulle eie donker wêreld en deur jou lig te laat skyn maak jy dit vir hul ook makliker om hulself te vergewe sodat hul eie lig ook kan begin brand. Deur ‘n lewe van vergifnis en dankbaarheid uit te leef word dit makliker om ‘n leefwyse van ‘mindfulness’ (In die oomblik leef) te beoefen en dan het dit ook sy eie positiewe nagevolge. Jy word kalmer. Jy beleef minder stress en meer saligheid. Jy kry die vermoë om op ‘n meer sielkundig volwasse manier te reageer op negatiewe gebeure in jou lewe en jou blydskap deur alles te behou.

So ek groet jul tot wedersiens vir 2017. Mag 2018 vir jou vrede, vreugde, voorspoed, blydskap, dankbaarheid, vergifnis, sukses, liefde, kalmte en alle ander positiewe dinge bring. Leef in de oomblik en sien hoe jy en die mense om jou verander.

Toodles!

4 thoughts on “Doen dit in 2018

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s