Ons vier nie die dood nie.

 

Elke jaar op die 31 ste Oktober reg oor die wêreld word die dood gevier. Daar is gedrogte en geraamtes, spoke, demone, spinnekoppe, slange, vlermuise, kopbene en alles wat vrees wek om elke hoek en draai. My arme kinders geniet die tv programme so, maar die hele maand van Oktober op al wat ‘n kinder program is word halloween versuiker om na iets ouliks te lyk. So nou mag hul net die programme kyk wat NIE halloween uitbeeld nie en glo my, dit is in die mindere… Ook natuurlik is dit nie net die kinders se programme nie, maar al wat leef en beef op tv en Facebook en Instagram is volstoom besig met hul kostuums. En nee, ‘n engeltjie kostuum maak dit nie beter nie…

So waarom vier ons as kinders van God nie halloween nie?

  1. Ons vier die lewe.

Jesus het gekom om lewe en lewe in oorvloed te bring. Na drie dae het Hy die dood oorwin en opgestaan sodat ons die ewige lewe saam Hom kan hê. Johannes 3:16. Johannes 10:10. Ons het ‘n keuse: Die lewe of die dood. As kinders van God het ons die lewe gekies.

2. Ons vier nie die dood nie.

Halloween is ‘n dag wateenkant gesit is om vrees, donkerte, heksery, dood en demoniese werke te vier. Sou ons as kinders van God deel hê aan so iets bring ons oneer aan God wat die lewe gee.

3. Ons is kinders van die lig.

Romeine 13:12 leer ons om die werke van die duisternis af te lê. 2 Korinthiërs 6:14 sê duidelik dat ons nie aan dieselfde juk as die ongelowiges moet trek nie en dat die lig niks in gemeen met die duisternis het nie.

4. Ons is vry van vrees.

As iemand wat vrygemaak is van depressie, angs en vrees kan ek nie deel hê aan iets wat vrees en angs as fondasie het nie.

5. Heksery is ‘n gruwel vir God.

Deuternomium 13:10-13 waarsku ons baie ernstig dat ons geensins mag deel hê aan golery, towerny, mense wat met dooies praat, ens nie. As God dit haat moet ek dit ook haat. Halloween is ‘n heilige fees vir ‘Wiccans’. Dit is die amptelike geloof of heksery tedoen met hierdie fees.

6. Wat as my kind wil deelneem?

Nee. Punt. Ek leer my kinders dat Jesus gekom het sodat ons die ewige lewe mag hê. Ek leer hulle dat ons kinders van die lig is en nie die duister nie. Ek leer hulle om God te aanbid. Maar wat as hulle wil deelneem en ‘n oulike brandweer of prinses pakkie aantrek? Romeine 16:19 sê dat ons moet wys wees teenoor dit wat goed is en onskuldig teenoor dit wat sleg is. As ek hulle sou toelaat om ook kostuums aan te trek by die geleentheid gaan dit nie onskuldig bly wanneer hulle groter is nie. Deur hulle deelname toe te laat stuur ek ‘n gemengde boodkap aan hulle en leer hulle dan dubbel standaarde.

7. Ons huis dien die Here en nie demone nie.

Ek het so ruk terug deur ons huis geloop. Ernstig gebid en die vertrekke en deurposte gesalf. My geloof is nie in die olie nie, maar in dit wat die olie verteenwoordig, naamlik die Heilige Gees en die autoriteit wat ons in Christus het. Ek het ons huis aan die Here toevertrou en Hom hier verwelkom. As ons nou skielik deelneem aan hierdie fees van die dood sê ek eintlik dan vir God Hy is nie meer welkom in ons huis nie. Ons gesin het besluit om die Here te dien. Ons maak ons kinders groot volgens die Woord van die Here en daarom het ons geen behoefte of begeerte om te deel in halloween nie. Ons vier die lewe en die lig en hoewel almal om ons dit doen beteken dit nie dat ons bereid is om ons ewige lewe prys te gee vir een aand se donker fees nie.

Deuternómium 30:19. “Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag.”

Toodles!

Bespreek my gerus vir jou vroue funksie, skool of kerk.

 

 

9 thoughts on “Ons vier nie die dood nie.

  1. Toortsie sê:

    Ons vier ook nie halloween nie. Op die plase is dit maklik om dit nie te vier nie, niemand anders doen dit nie, eintlik weet ek nie eers behoorlik daarvan nie. Ek dink nogals in dorpe en stede kan dit moeiliker wees om nee te sê, ‘almal’ doen dit dan. Baie dankie vir jou oop en eerlikeskrywe hieroor.

    • sonell sê:

      Dankie Toortsie! Ons dorp was ook doodstil, daarvoor is ek dankbaar, maar daar was by ons kafee mense wat so aangetrek het. Ek het maar net verby gery. Smile and wave. 😄

      Ek belowe ek sal oor die naweek ook tyd maak om weer op te vang op al jou inskrywings. My jongste het waterpokkies gehad die afgelope week en ek het boonop rondgehol ook. Dan is ek dankbaar vir die vioruit skryf en stel om self te plaas vir die blog. 🤦🏼‍♀️

    • sonell sê:

      Ek stem! Vanoggend lees ek raak dat iemand op Facebook sê hul hoop almal wat nie halloween vier en teen dit gekant is ook nie kersfees gaan vier nie. Net daar besluit ek om nie hierdie jaar ‘n boom ens te hê nie (daar is NIKS fout daarmee nie), maar ons gaan hierdie jaar ‘n krippie met ‘n ‘baba’ hê, want sO vier ons ook die lewe. 🤗

      • lizamroux sê:

        Dis ‘n mooi idee. Ek het gedink om bv net ‘n ster op te sit vir die Bethlehem ster. My pa het ‘n kerkie wat hy gemaak het uit karton boks. Hy het met ‘n messie gedetailleerde venstertjies uitgesny, dit het selfs ‘n kerk toring. Die boks is wit geverf en daar is watte op die dak soos sneeu. Binne is ‘n liggie en die vensters is gevoer met ‘n deurskynende gekleurde papier. Moeilik om die presiese effek te verduidelik, maar die boodskap is tog treffend. Dit sê ‘ons vier kersfees, maar bome en geskenke het niks daarmee te doen nie.’

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s