Staan op!

Jy bepaal jou eie geluk. Dit was my groot boodskap die afgelope jaar. An attitude of gratitude brings a lifetime of happiness. So klink my lewensleuse. 

Wat het jy hierdie jaar gedoen om jouself te verbeter of om jou drome in te haal? Wat het jy hierdie jaar gedoen om deel te wees van die verskil? Wat het jy hierdie jaar gedoen om uit jou eie pad uit te kom? 

Jy kan nie verwag dat jou omstandighede sommer uit die bloute gaan beter raak nie. Jy sal self moet vorentoe tree en jou hand aan die ploeg slaan en nooit weer terugkyk nie. Jou lewe kan nie beter raak as jy nie daadwerklik iets daaraan gaan doen nie. 

Hierdie November was dit die twee jaar merk vandat ek besluit het om iets aan myself te doen. Om aan my geestesgesondheid te begin werk, omdat niemand dit vir my kon doen nie. Dit is nou weer ses maande van my laaste angsaanval. Die laaste een was omdat ek fokus verloor het en mense wat eintlik niks met my lewe iets te doen het nie hul opinies gelewer het en ek dit persoonlik opgeneem het. Waar inderwaarheid hul opinies omtrent my en my lewe werklik net dit is, ‘n opinie en dit niks verder beteken nie… 

Maak vandag die besluit. Staan op uit die as o dogter van Sion. Dogter en seun van die almagtige Koning. Staan op uit die as. Skud dit af. Trek die klere van oorwinning aan. Neem jou wapenrusting op en veg. Veg vir die plan wat God op jou lewe geplaas het. Hou op bang wees vir mense, vrees God meer.

Toodles!

15 thoughts on “Staan op!

  1. Thomas sê:

    Dit is so waar! Ons een pastoor het altyd gesê “are you all in the way of the Lord, well get out of His way and allow Him to do what is needed”. Dinge in hierdie wêreld sal altyd bly verander en ons moet soms bont staan om by te hou. As onderwyser het ons baie goddelike insig nodig om elke dag iets aan ons leerders oor te dra… Om te lê en wag sal nooit ‘n oplossing bring nie, neem deel aan die lewe met ‘n verwagting dat God in elke situasie is en jou daar wil gebruik.

  2. Colonialist sê:

    So waar. Soos ek dit sien, as mens van slegte opinies hoor is die kwessie, ‘Is dit waar?’ Of so, probeer om te verbeter in daardie rigting. Of nie, ignorer dit en fluister vrolik.

Lewer kommentaar