Hier op Rebus is alles nuut en skoon. Hier kan ons wawiele en bollemakiesie slaan na hartelus. Hier op Rebus kan ons pouse hou!
Ek weet nie wanneer en hoe ek op Rebus beland het nie, maar ek kan jou beslis sê dat Rebus my al ‘n paar keer uit die malhuis gehou het ja. My Towerin vriendinne het my ingenooi. Sovêr ek weet is ek die jongste tussen almal wat elke dag nuwe dinge leer van ma wees, vrou wees en steeds kind wees. Ek is eintlik in die fleur van my lewe wat ook beteken die besigste tyd. Daarom lê my Towerin vriendinne my so na aan die hart en is elkeen se uniekheid wat hul in my lewe toevoeg meer werd as edelgesteentes.
Ons Rebus is gesanitiseer en het ek toe sommer saam dit besluit om dan my eie huisie ook oor te maak. Ek het hom plat gesloop! Als was weg. Toe swaai ek my towerstaf en siedaar! ‘n Splinternuwe huis op Rebus.
Hierdie huis lyk klein maar almal kan gemaklik hier inpas.
Die sitkamer is snoesig. Het ‘n kaggel en die klip pas automaties aan by die weer sodat ons nooit te warm of te koud kry nie.
Daar is meer as genoeg slaap plek vir al my Towerin vriendinne. Ons laaik mos van bymekaar wees.
‘n Sauna om jou kop en hart skoon te kry. Hier kan ons net sit en als uit sweet. Dit is nodig.
En ‘n enorme kombuis, want ek het geleer lekker kos maak en wanneer ons saam eet bring dit ons selfs nader aan mekaar.
My huis se naam is Pouse. Hier kan ons pouse hou so lank ons wil net wanneer ons wil. Wanneer ek nie hier is nie is enigeen welkom. Kom in. Die yskas is altyd vol. Die boekrak ook. Die Sauna gereed. Die beddens sag en snoesig. Maak jouself tuis, maar hou dit asseblief skoon. 😄
Hier is ook inspirasie feëtjies wat hier bly so as jou skrywersblok inklok, klop aan my deur, hulle sal jou help dink.
Toodles!
Oe, dankie Sonell – na die donkie-eskapade het my ou lyf daardie sauna nodig!
Ek stap dadelik oor, Sonell. Sò ń lieflike huisie moet net eenvoudig ingewy word!
Hiep-hiep hoera!
pragtige huisie en ‘n romantiese sauna! nooi jy my dalk vir ete? Onnodig: ek nooi my sommer self! En wat sal Rebus nou weer sonder ‘n en mooi inwoner?
Kom kom! Dit is partytjie tyd!
Pragtige huisie en gepaste naam.
tig, ek is mal oor die naam. En die sauna, eg Qazaqstayl.
Eks so bly om jou te leer ken. Kom drink tee by my op my dek.
Ek is mal oor jou huisie. En oor die Pouse idee!
Dankie!
Pouse!! Heel oorspronklik….baie bly jy is hier en ek glo hier gaan nog baie gebak en gebrou word.
Beslis!