Daar moet ‘n ander woord hiervoor wees…

Terrible two's

TERRIBLE two’s!!!!!

Menigte moeders het al hierdie “frase” aangehaal met oë wat rol en ‘n “handsup”. Kan dit werklik so erg wees het ek ook altyd so by myself gedink. Met my swangerskap met my eersteling het vele vir my gesê “Wag net tot hy twee is…” ‘n waarskuwing met ‘n oop einde en oë wat rol en hier staan ek met blossende wange, vryf oor my koelronde maag en dink, “Dit kan regtig nie so erg wees nie, dis alles in hoe jy hulle grootmaak. Dissipline, dissipline, dissipline.” En dan het ek met die volgende ge-reageer: “Geen kind is al ooit dood van dissipline nie.” ooooo hoe lag daardie wat my so deeglik gewaarsku het dalk nie nou vir MY nie… En hier is ek besig om ander te waarsku van die TERRIBLE TWO’S!! Hahaha!

Soos jul weet het ek ‘n hospitaal sessie agter die rug en kon ek nie gou genoeg by die huis uitkom nie!! Ek het na my man en engel seuntjie verlang man! Maar ooo weë hoe het ek nie vandag maar gewens dat ek die dr gevra het om my ten minste twee ekstra dae te hou nie… Hy het laasnag nog by my ma’le geslaap aangesien ek net voor 7pm ontslaan is. My moeder het hom kom aflaai voordat sy werk toe is en dit het sommer dadelik begin. Hy het ge-tantrum omdat ek ook vir sy ouma “koebaai” gesê het en NET hy wou vir haar “koebaai” sê. Hy is eventually in die huis in en ek het hom gevra of hy wil pappies hê, en het met ‘n kortaf “nee” besluit dat ek tOg maar vir hom sal pap maak. Daarna was dit NAG! Dit was die een na die ander vloermoer! Van die sjokolades wat hy wou hê vir ontbyt, (ja, the worst mom award gaan aan my, want ek het vir hom die sjokolades gegee vir ontbyt)… tot die medisyne wat hy nie wou drink nie ens, ens, ens. Met die oorlog wat toe nou so woed hier by ons huis probeer ek maar kalm bly… Dit het nie lank gehou nie, MAAR ek het myself ook gou tot bedaring gebring, want ek sal mos myself in ‘n kraam opwerk!!

Iewers in die geveg het ek weer begin hoes en het ek my spier WEEREENS seergemak. Nou kan jy jouself indink, hier is ‘n twee en half jarige wat vloermoere gooi van vertrek tot vertrek en ‘n ma in trane omdat sy in pyn is en nie asem kry nie… hmmm… not a pretty sight… My man bel om te hoor hoe dit gaan en ek FLIP, hy besef ek gaan dit heeltemal verloor en kom toe dadelik huistoe. Dank Vader!! Toe hy hier aankom toe bedaar ons seuntjie heeltemal. so asof niks verkeerd was nie… Oja, met die wat my man hier aankom sit ons “engel van ‘n kind” al amper ‘n halfuur op die pot waartydens hy aan my gewys het dat hy gladnie op die pot kan sit met ‘n draad klere aan nie, lyk my dit beïnvloed die tempo waarteen sy “bowels” werk. Nou ja, so trek ek hom uit en hy gaan sit op die pot, toe soek hy sy doekie en sy bersie, ek gee dit vir hom, toe wil sy “bowels” nie vinnig genoeg werk nie en vra hy toe weer dat ek hom moet aantrek… Nee, toe SKREE hy ek moet hom aantrek… Die gehoorsame ouer rol wat ek maar aangeneem het op die stadium van die stryd trek hom toe maar aan en so kom my man hier aan. Heel rustig ry ons na die X-trale spreekkamers toe sodat ons kan kyk of hy longontsteking het, dr bevestig nee, darm nie. Na ‘n HENGSE fight wat hy nie wou stilsit vir die X-trale nie en daar kry ek ook toe kans om by die physio uit te kom. Dankie tog vir daardie 10min wat ek kans gehad het om net op my sy te lê en weer my varkies in hul hok te jaag. Kom by die huis en seuntjie is SO uitgeput van al die geskree dat hy heel gehoorsaam half 4 die middag sy middagslapie gaan neem. Ek vat my kans en gaan lê ook toe sommer.

Uiteindelik ‘n stilte na die storm…

Het jou kind(ers) ook al so geraak of is dit net my kind? My lewe is mal, ek is oortuig daarvan dat my lewe nie in dieselfde kategorie val as “normale gesinne” nie. Maar wat kan ek sê? Ek kan nie kla nie. Ek is tog geseënd met ‘n pragtige seun met ‘n sterk persoonlikheid, wat op die ouderdom van twee en half homself uit die middagslapie sal probeer redeneer want, “hy is nog bietjie siek.” Ja, jy het reg gelees, hy figure dat hy kan nie sy middagslapie maak nie, want hy is nog bietjie siek. Kyk…. ek gaan nie stry nie… hahaha!

Alhoewel ek en hy saam ‘n 5L emmer kon volmaak vandag met al die snot en trane wat ons saam gehuil het vandag sal ek dit TOG oorweeg om hom NIE aan die Arabiere te verkoop nie. Hy bly my seun wat ek van die Here gebid het. Hy bly my Samuel. Ek het gebid en gevra dat hy sterk leier eienskappe sal hê en daar het hy beslis aan my bewys vandag, hy is nie ‘n persoon wat homself laat onderkry nie. Ja, die boompie kort nog baie buigwerk, maar breek, dit sal ek nie doen nie. Ek sal hom net leer om sy emosies beter te hanteer. Hoe doen mens dit? Jy begin by jouself… Ek gaan by myself moet begin, want die manier waarop my kind sy emosies uitdruk glo ek is ‘n direkte weerspieëling van my en my man se emosies en hoe ons spanning hanteer. Change me first Lord, before You change those around me.

Alles wat mal is groete!!

Toodles!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s