Mamma se tyd??? Kan ek dit eet???

Mamma tyd

Hallo daar!

Goeie gom!! Ek het vergeet hoeveel tyd verlang ‘n nuwe baba van jou… Twee en ‘n half jaar terug se newborn tyd is lang vergete en voel dit of ek van voor af als moet begin leer.

Gister teen 12uur die middag het ek uiteindelik kans gekry om te gaan stort en tenminste my hare vas te maak. Vanoggend kon pappa so 5min na die twee kiddos kyk en kon ek vinnig voor 9am gaan stort. Ek het nie my hare gewas nie… weer nie…. Ek was dit elke tweede dag en stort 2x per dag, vandat ek weer ‘n nuwe mamma is, is ek gelukkig as ek my hare twee maal in een week kan was en ten minste voor 12 die middag in die stort kan kom en ontslae raak van my nagklere…. HAHAHAHAHA! (Dan vra my man ook so ewe, “wanneer laat hang jy weer jou hare?” Uhm liefie, wanneer dit weer gewas is, dalk more.

Ek is seker daar is baie mammas wat kan saamstem hiermee…

Dis nie omdat ek lui is nie, dis omdat ek ‘n nuwe baba het en om te voorkom dat ek “Shower schizophrenia” (Daai ding wanneer jy in die stort staan en die baba hoor huil, maar eintlik verbeel jy jouself.)  opdoen, sit ek haar in haar prêm voor die badkamer deur.  Babas vat baie tyd, veral wanneer jy borsvoed… on demand… Borsmelk verteer baie vinniger as formule melk, so die oomblik as die klok 3 – 4ure slaan tussen ‘n voeding en sy begin “moan” dan sê my borste “Baby’s crying!! Go-go gadget milk!!!” En vergete is die stort of die hare was. Daagliks moet jy besluit, is dit vandag hare was of grimeer?

Wat maak ek in die 3 – 4ure tussen voedings? Ek maak die huis aan die kant van my twee en half jarige se tornado werke en speelgoed wat die huis vol lê, maar tenminste lewe ons huis en het ons pragtige gesonde kinders. En dan dink ek, ek kan gou gaan stort en dan is dit weer voedingstyd.

Teen vier uur die middag kom ons seuntjie van die skool af en praat hy aanhoudend. Jip, vol sinne en onophoudelik. Oor enigiets van elke storie en diertjie op tv, tot wat hy by die skool gedoen en geëet het. Baie maal raak dit teveel en sê ek hom om asseblief net so bietjie stil te bly… (Toe nou, erken dit, ons almal doen dit!!) En hoeveel van ons ouers het nie ook ons almal R5 aangebied vir 5min se stilte nie? HAHAHAHA!

Maar so hou die kinders ons besig en kan ons nie onsself indink wat ons gedoen het met ons tyd voor hul daar was nie. (En terwyl ek hier tik, sit ek en sing “Jan Pierewiet” terwyl my seuntjie op sy “kitaar” speel. How’s that for multi tasking?) En dit alles terwyl sussie hier by sit en slaap. Hehehe!

So ruil ek gisteraand sussie se doek en ouboet staan by. Ewe beïndruk met homself vra hy “Waar sussie se “noster” ? Ek moes antwoord en verduidelik dat sussie nie ‘n “noster” het nie, maar ‘n “Blom”. Oh the joys…. LOL!

Anyhoo, ek hoop julle het ‘n lekker dag. Ons maak ‘n lekker boere potjie en ek moet nog navorsing doen oor VLOGGING!! Enige topic ideas?

TOODLES!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s