Tien strawwe – Deel 5

Farao staan weer op die bank van die Nyl rivier wat verby sy paleis vloei. Kort kort waai hy ‘n steekvlieg weg. Hy het ‘n kort sweep van leerstukkies laat weef om die vlieë te probeer wegwaai soos die beeste met hul sterte doen. Hy het vir Moses en Aäron laat roep. Hierdie plae is een te veel en te erg. Hy sal die volk toelaat om in hul Egipte hul offer te bring aan hulle God.

Moses en Aäron word deur die paleiswag aangekondig. Farao draai om terwyl hy sy sweep egalig heen en weer oor sy skouers swaai. Daar gaan sit ‘n vlieg op sy neus en steek hom seer. Sonder om te dink swaai hy die sweep en tref homself reg in die gesig! Moses en Aäron sukkel om hul lag in te hou en grinnik soos perde onderlangs terwyl hul skouers ruk en wange bloos. Farao oortuig homself dat hul dit nie gesien het nie en stap ergelik hulle tegemoet. “Goeiemôre Moses. Ek wil dringend met jou spreek.” Hy waai weer die sweep, maar koes die keer. “Ek sal die volk toelaat om in Egipte aan julle God te offer, maar julle kan nie trek nie.” Moses tree vorentoe. Geen vlieë pester hom of Aäron nie. “Ek is jammer Farao, maar dit sal nie deug nie. Dit wat ons aan ons God offer is ‘n gruwel vir julle Egiptenare. Ek is seker dat indien ons iets wat ‘n gruwel is in die oë van die Egiptenare offer, hulle ons sekerlik sal stenig. Laat ons toe om drie dagreise buite Egipte te trek en dan daar in die woestyn te offer.” Farao oordink die saak. Hulle is nou al geteister deur bloedwater, stawwe wat in slange verander, steek vlieë, muskiete en om nie eens te vergeet van die paddas nie. Die God van die Israeliete moet die ware God wees…

Moses is weer in sy binnekamer. Sy olie lamp is reeds aangesteek vir die nag. Hy het nog geen antwoord van Farao ontvang nie. “My God. Die Vader van Abraham, Isak en Jakob. Farao het gesê dat hy die volk sal laat trek indien U die steekvlieë wegneem. Doen dan asseblief so. Hy besef U is die ware God.” Moses se stem bewe. Hy is ook al oud. Hy wil graag by sy vrou wees, maar die volk kom eerste, nes sy verhouding met die Lewende God.

Dou voor dag is daar ‘n boodskapper voor Aäron se deur. Miriam laat hom inkom en laat roep vir Moses. Moses kom spoedig uit sy kamer gestap. “Moses. Farao het my gestuur om sy dank te betoon aan U met die verwydering van die steekvlieë. Dit spyt hom, maar die volk mag nie trek nie.” Aäron verjaag die boodskapper. Moses gaan sit stadig by die etenstafel. “Ek glo nie Farao besef dat die Hand van die Here magtiger is as enige van die lewelose afgode wat hul dien nie…” Hy vee oor sy oë. “Broer Aäron, ons gaan weer terug.” Aäron stem in.

‘n Paar uur later staan Moses en Aäron weer voor Farao. “Farao, ek is bevrees dat jy weereens die keuse verkeerdelik gemaak het.” Aäron se stem is ferm met elke woord wat hy spreek wat van Moses af kom. “Daar sal van môre af ‘n groot pes oor die vee wees. Teen jou vee wat in die veld is, teen die perde, teen die esels, teen die kamele, teen die beeste en teen die kleinvee. Geen diere sal gespaar word nie. Daar sal wel onderskeid getref word tussen die diere van Egipte en die van die Israeliete.” Farao neem ‘n vrug by die dienares en neem ‘n sluk van sy wyn uit sy silwer beker. “Die volk sal nie trek nie!” Hy slaan hard met sy vuis op die armleuning van sy troon. Die wagte en bediendes skrik, maar Moses en Aäron staan vas.

Die volgende môre het die swaar pes al die diere van Egipte getref, net soos God belowe het, maar geen van die diere van die volk van Israel was getref nie. Farao het ‘n spieon gestuur om te gaan kyk en waarlik dit was so. Geen diere van die Israeliete is getref nie en almal was steeds lewendig. Farao het weer sy hart verhard en het die volk nie laat trek nie.

Moses en Aäron het weer onder leiding van die almagtige God na Farao gegaan. Hulle het roet in hul hande geneem en dit voor Farao se oë in die lug gestrooi. Dit het ‘n fyn stof geword oor die hele Egipteland en al die Egiptenaars is getref met swere wat in blare uitbreek. Die towenaars van Farao het weer probeer om dieselfde te doen, maar weer was hul nie suksesvol nie. Hul kon nie staan voor Moses vanweë al die swere nie. Selfs Farao is getref. Farao kon nie meer stilsit nie. Die swere het gebrand en gejeuk. Die reuk wat dit afgegee het was die van die dood. “Uit! Loop! Die volk sal nie trek nie!” Het Farao gebulder.

Moses het weer na ete na sy binnekamer gekeer. Hy het sy olielamp aangesteek en stilgeraak om die stem van die Here te hoor. “Moses, maak jou môreoggend vroeg klaar en gaan terug na Farao. Omdat hy weer sy hart verhard het sal ek nou my plaag teen sy hart uit stuur. Ook oor al die Egiptenaars, jou diensknegte en jou diensmeisies, dat jy kan weet dat daar niemand op die hele aarde is soos Ek nie. Want anders sou Ek my hand uitgestrek en jou en jou volk met die pes getref het, en jy sou van die aarde verdelg gewees het; maar juis hierom het Ek jou nog laat bestaan, dat Ek jou my krag kan toon, en dat hulle my Naam op die hele aarde kan verkondig. Versit jy jou nog teen my volk, dat jy hulle nie wil laat trek nie? Kyk, Ek sal môre omtrent sulke tyd ‘n baie swaar hael laat reën soos wat in Egipte nie gewees het van die dag af dat dit gegrond is tot nou toe nie. Stuur dan nou en laat jou vee en alles wat jy in die veld het, in veiligheid bring; al die mense en die diere wat in die veld gevind word, en wat nie binnekant gebring is nie—op hulle sal die hael val, sodat hulle sterwe.

Almal onder die Egiptenare wat geleer het om die Here te vrees het hul families en diere onder skuiling ingeneem. Ander het nie daarop ag geslaan nie. Farao ook… Terwyl Farao sy middag stappie neem langs die Nyl vlieg daar teen ‘n hoë spoed ‘n haelkorrel so groot soos Farao se vuis verby sy oor. Die klank van die spoed waarteen die hael gegaan het laat Farao se oor doof. Hy kyk verskrik rond en sien die massiewe korrels neerkom. Hy word getref teen sy skouer en linker knie. Dan probeer Farao hardloop vir skuiling. Moses en Aäron word aangekondig soos hul die troonkamer van Farao binnestap. “Moses, ek het hierdie keer sonde gedoen. Ek erken dat julle God, God is. Daar was nou genoeg hael en donderslae. Vra asseblief julle God om dit te laat ophou, dan kan die volk trek.” Moses knik. “Sodra ek buite die paleis kom sal ek my hande uitsteek en die Here vra om die storm te stil.” Moses was getrou aan sy woord en het die oomblik toe hy buite die paleis staan; steek Moses sy hande in die lug en roep dat die Here die storm sal stil. Oombliklik stop alles en die wolke trek oop. Die wind gaan lê.  Toe die haelstorm verby is, is daar byna niks van die hele koningkryk oor nie. Farao stuur weer ‘n spioen na die blyplek van die Israeliete. Weer is hul huise ook gespaar. Farao is woedend. Hy passeer op en af oor sy balkon. Die vuur aan die binnekant van die hael het ewige verwoesting gesaai.

Farao het weer na Moses en Aäron geroep. “Die volk sal nie trek nie. My eie volk is met die helfte verminder. Julle is dubbeld na trippel soveel. Ons kan nie die arbeid by onsself uitrig nie.” Moses het weer die Here se aangesig gaan soek.

Vroegdag die volgende môre staan Moses en Aäron weer voor Farao. “Farao, hoe lank is dit nie nou al dat jy, jou nie voor die Here verootmoedig nie. Hy is die een wat jou hart en die hart van jou diensknegte verhard het sodat Hy Sy krag deur jou kan wys. Omdat jy weer jou hart verhard het sal daar ‘n plaag springkane oor die Hele Egipteland kom. Hulle sal alles wat oorgebly het na die hael afvreet, ook al die bome wat opkom sal hulle afvreet. Oral in die huise na die Egiptenaars en jou diensknegte en jou diensmeisies se huise sal die sprinkane wees.” Daarop het Moses omgedraai en weggeloop van Farao af. Farao se dienaars het nader gehardloop. “Hoe lank gaan hierdie man nog vir ons ‘n strik wees? Laat die volk gaan.” Farao staan op van sy troon. “Moses, wie is dit eintlik wat wil gaan.” Oor Farao se voorkop slaan sweetpêrels uit soos kristalle. Hy weet hierdie is nou ‘n gevaarlike spel wat hy speel. Moses en Aäron stap weer stadig nader. “Die hele volk. Van die jongste tot die oudste.” Farao skud sy kop met sy hande in sy sye. “Nee, julle mans kan gaan, maar nie die hele volk nie.”

Toe Moses en Aäron by die huis van Miriam aankom steek Moses sy staf oor Egipte uit soos Die Here hom beveel het en die plaag van springkane oortrek en deurtrek die hele Egipteland.

 

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s