Hieraan kan ek werk.

Kritiek(Foto: Pinterest)

Ek het baie foute. Dinge waarvan ek daagliks bewus is. Dinge waaraan ek ook daagliks werk. Ek het byvoorbeeld ‘n baie kort humeur en kan vinnig snap. Nie meer oor nonsens nie, nou belangriker goed, maar ek werk daaraan. Ek is uiters sensitief. Nie omdat ek wil wees nie, maar omdat ek maar net so is. Dit is beide ‘n seën en bagasie. In my lyn is dit belangrik om sensitief te wees vir ander se vibes en gesindhede, stemtoon en liggaamstaal. Aan die ander kant. Ek neem ander ook te ernstig op, omdat ek so sensitief is en kry dan gevolglik maklik seer. Ek kan myself gelukkig weer daaruit kry omdat ek myself nou al so goed ken. Ek dink nie ek het myself al ooit so goed geken soos wat ek nou doen nie. En dit maak dit heelwat makliker om dan my sterk en swak eienskappe te kan ken.

Maar daar is een groot ding waarmee ek sukkel. Ek sukkel elke dag hiermee en nou met my heel eerste boek wat uitkom is dit natuurlik veel erger.

Ek is my eie grootse ‘kritikus’. Ek weet nie eens of daar so woord bestaan nie. Nietemin. Ek is uiters krities op myself en veral my skryfwerk. Nou kan jul verstaan waarom ek so op my senuwees is oor die boek wat uitkom. Saam met my ryk verbeelding kan ek al sien hoe ek boodskappe kry dat ek eerder my skootrekenaar in die asblik moet gooi en ‘n kantoor werk moet soek. Hahaha!

Aan die ander kant het ek ook groot drome vir die boek. Ek het onlangs ‘n kortverhaal geskryf vir ‘n kortfilm en die dame wat die verhaal in ‘n draaiboek omskryf het al saam met heelwat bekendes en tv kanale gewerk en sy was beÏndruk deur die verhaal. So dalk is ek eenvoudig net te krities op myself. Ek sal graag op toer wil gaan met die boek. Ons sal eers kan sien of dit sal gebeur na die boekbekendstelling en terugvoering daarop.

Nou ja, intussen: ‘I’ll fake it till I make it’ en tot dan sal ek ander maniere kry om ook hieraan te werk.

Waarmee sukkel jy?

 

2 thoughts on “Hieraan kan ek werk.

  1. travel460 sê:

    Sonell, wat is jou boek se naam? Ek kan 100% verstaan dat jy so onseker voel, maar dit is tien teen een heeltemal onnodig. Kyk, as ek ń boek uitgegee het, sou jy my darem gesien het…plat op die vloer van skone spanning. Mag jy groot sukses behaal.🌹🌹🌹

    • sonell sê:

      Baie dankie, dit is harde werk om nie te gaan le van spanning nie. Hahaha! Die boek se naam is ‘Karoo Vryheid’ en sal binnekort beskikbaar wees. Ek gee dit self uit deur Marleo Publiseerders so sal julle DV laat weet wanneer hy beskikbaar is. Dankie vir jou aanmoediging 🙂

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s