Foto: Pinterest
Ons leef in ‘n tydperk waar almal heeltyd meer en beter wil hê. Sodra hulle die gekry het wil hulle daai hê. Dit wil vir my voorkom of niks ooit genoeg sal wees nie. Niemand kan net tevrede wees met dit wat hul het nie.
Ek het baie vroeg in my lewe geleer om tevrede te wees met dit wat ek het en dankbaar te wees daarvoor, want daar is mense wat selfs na die bietjie wat ek het smag. Een van my gelukkigste dae as kind was die een middag in die Kaap toe die wind so wild gewaai het en ek en my jonger broer alleen by ons woonstel gesit het. Ons was verveeld en die skoolwerk was klaargedoen so toe maak ek ‘n plan. Ons het Checkers sakke en wol gevat en vlieërs daarvan gemaak. Jy maak die wol aan elke handvatsel van die sak vas, gooi die sak in die lug sodat die wind dit skep en hou vas. Ons het die hele middag so in die parkie oorkant die woonstelblok gespeel en dit behoorlik geniet. Daardie dag was ek tenvolle tevrede. Content soos die Engelse sal sê.
Nou nog sal ek, wanneer ek aan daardie dag terugdink, so gevoel van tevredenheid oor my kry. Dit herinner my om dankbaar te wees vir dit wat ek het en nie meer as dit te begeer nie, want dit wat ek nou het is presies hoeveel ek moet hê.
Toodles!
Foto: Pinterest
Jy sien ek dink dat almal so gewoond geraak het aan die ratrace en keeping up with the Joneses, dat hulle vergeet het om om hulle te kyk en die goeters raak te sien. Meer, vinniger, beter.
Ek is siek daarvoor, ek gaan oppak, in die Karoo gaan bly, met min klaarkom en gelukkig wees
Ek pak solank my tasse 😉
Vat my asseblief saam! Ek smag ook na Karoo toe trek en van suurstof leef. Die lewe raas.
Ons is regtig in ‘n blik gedruk…kompeteer, kompeteer, kompeteer.Ek onthou hoe eenvoudig my ouma en oupa geleef het en dit was altyd so lekker by hulle.
Presies. Dit is juis die manier wat ek my kinders ook wil leer. Less is more.
Amen