Die waarde van vriendskap

f5f86f01bab6559f61dc6de3459886d1 Foto: Pinterest

Vriende kan jou maak of breek. Ek sê altyd, wys my jou vriende dan sê ek jou wie jy is. Dit is natuurlik nie in alle gevalle so nie, want Jesus het saam tollenaars gekuier en onder die siekes en sondaars gewerk, maar die dissippels was sy vriende en hulle persoonlikhede het verskil soos dag en nag. Dan onthou ek ook daardie gesegde: Meng jou met die semels dan vreet die varke jou op.

Vriendskap in ons lewens is so belangrik. Ons kan so maklik sê dat ons niemand nodig het nie. Of dat ons op ons eie kan reg kom. Ons sê ook maklik dat al wie ons nodig het is Jesus. Dit is alles goed en wel en klink reg, maar dit is nie die waarheid nie. Die mens is nie gemaak om alleen te wees nie en soms het ons Jesus in die vlees nodig ook. Ons is gemaak om verhoudinge te hê. Heel eerste ‘n verhouding met God, dan verhouding met mense. God het ons geskape om ‘n verhouding met ons te hê en daarom het ons ook in onsself ‘n behoefte aan verhoudings en aanvaarding.

Spreuke leer ons dat ons vriende kan hê wat selfs nader as ‘n broer sal wees.

Spreuke 18:24

Ons het huisvriende en ons het nou al saam met vakansie gegaan en hulle het die naweek weer saam ons gekuier en ons raak nooit uitgepraat nie. Dit is so lekker om mense in jou lewe te hê met wie jy dinge en geleenthede kan deel.

Ons vriende kan ons maak of breek en daarom is dit belangrik dat jy jou omring met mense wat jou verstaan. Daar is bitter min mense wat my verstaan, maar hulle bestaan wel en maak ‘n impak op my lewe. Johannes was Jesus se gunsteling. Wel… Hy praat van homself as Jesus se gunsteling en ek glo ook hy was, want toe Jesus aan die kruis gehang het was Johannes daar reg langs Jesus se ma. Ek is nie seker of daar ander dissippels ook daar was nie, ek sal moet oplees, maar ek weet Johannes was daar toe Jesus sy ondersteuning die heel nodigste gehad het.

Ware vriende los jou nie wanneer jy deur moeilike tye gaan nie. Hulle staan by jou. Hulle trek ‘n stoel nader en hulle luister. Ons kan baie vriende of kennisse hê, maar dit is die ware vriende wat by jou sal staan deur dik en dun. Deur die emosionele wipplank wat die lewe met ons kan ry en hulle sal saamry.

Wanneer ek vir my kinders bid, bid ek dat die Here hulle sal help om die regte vriende te kies. Ek bid dat Hy, so klein soos wat hul steeds is, nou al die regte; goddelike vriende sal gee wat hulle sal dra in goeie en slegte tye, maar ek vra nie net nie. Ek bid ook dat my kinders, ek en my man ook sulke vriende vir ander sal WEES. Dit is belangrik om ‘n vriend of vriendin te wil hê wat jou kan bystaan en die lief en leed uit die lewe te deel, maar dit is selfs belangriker om so vriend of vriendin te wees.

Toodles!

IMG_1587

Ons gunsteling ding om saam te doen. Buiten vir die manne wat fanaties is oor saam visvang, geniet ons dit om saam UNO of enige bordspeletjies te speel. Dit is gesonde kompetisie en hou ons brein wakker. Hahaha!

 

8 thoughts on “Die waarde van vriendskap

Lewer kommentaar