Skryf safari – Deur die venster.

Deur die vensterFoto: Pinterest

Ek loer deur die roosvenster vandag. Binne sien ek ‘n vrou in haar handwerk kamer. Sy sit voor ‘n ou tikmasjien. Die tik tak tok van die knoppies bons terug teen die glas van die venster.

Ek sien hoe sy woord vir woord haar lewe saamvat. Haar kinderjare, haar volwasse jare en nou haar oudag. Die koppie tee op die lessenaar ratel in die piering. Ek sien hoe haar drome om haar kop tol. Soos sterre en gesigte. Sy droom steeds groot. Sy was nooit geken as iemand wat klein gedroom het nie. Daar was vir haar geen ander opsie as om groot te droom nie en steeds is dit juis die groot droom wat haar aan die lewe hou.

Ek klop sag aan die venster. Tik tik tik. Sy kyk na my, glimlag en stap nader. Die venster kreun toe sy dit oopmaak.

“Kan ek help?” Haar parfuum komplimenteer die rose se soet reuk.

“Ek wil net vir tannie sê. Soms het mens nie ‘n verhoog nodig om ‘n verskil te maak nie. Soms is die blote tik van jou storie juis dit wat die mensdom nodig het om weer lig te sien.”

Dan draai ek stadig op my hak om. Trek my rooi beret reg, smeer my lippe weer rooi en steek my hande in die sakke van my bloedrooi jas.

Dalk sien ons mekaar tog eendag weer.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:
http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=781709
Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

11 thoughts on “Skryf safari – Deur die venster.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s