Hierdie skrif is eintlik ‘n ouch. Die Afrikaanse skrif sê: Vir die regverdiges lê daar vreugde voor; die goddeloses het geen toekoms nie.
Dubbele eina…
In Christus is ons geregverdig, skoongewas van alle sonde en die vreugde van die Ewige lewe lê vir ons voor. Vir iemand wat nie in Christus is nie is dit ‘n ander storie… Die ewige dood.
Ek as kind van God, regverdige, is verseker dat daar vir my groot blydskap voorlê die dag wat ek my kop die laaste keer neerlê, indien Jesus nie voor dit terug kom nie.
Is jy geregverdig? Is jy gereed?
Toodles!
Sjoe, ja dit is so waar… Baie goeie vraag. Is ek werklik ‘n regverdige…?
As jy met jou mond belei en met jou hart glo dat Jesus gesterf en opgestaan het ja. In Christus is ons almal geregverdig. 🙂