Hierdie lied is vir my so vreeslik mooi. Ek hoef nie baie daaroor te sê nie. Ek dink tog ons almal het ons eie kamers waarheen ons van die wêreld se warboel af wegvlug.
Ek het lankal immigreer na ‘n kamer in my kop
Vandaar hou ek versigtig die wêreld om my dop
My kamer bied ‘n skuilte as die storms buite woed
My kamer ken geheime, my kamer ken my goed
Beskut my teen ‘n wêreld waar ek ongemaklik leef
Bevry my van bagasie en laat my rustig wees
Die wêreld is my woning nie, Totius sou verstaan
Ek reis al meer na binne
tot dit tyd word om te gaan
My kamer het geen meubels, geen boek of skildery
Geen spinnerak of rommel om my aandag af te lei
My kamer het groot vensters, sonder luike of gordyn
Uitsig onbelemmerd, net die son wat helder skyn
Die wêreld is my woning nie, Totius sou verstaan
Ek reis al meer na binne
tot dit tyd word om te gaan
Ons ken die komplot van die drama
Elke eeu word daar flink repeteer
Net die rolverdeling en dekor verander
Maar waar is die groot regisseur, waar is die groot regisseur
Die wêreld is my woning nie, Totius sou verstaan
Ek reis al meer na binne
tot dit tyd word om te gaan
Toodles!
Watter allerpragtigste lied, dit resoneer so goed met my siel… Ek is ‘n groot bewonderaar van Amanda Strydom en tog ken ek hierdie lied glad nie – baie dankie, Sonell!
Ek is bly tannie hou daarvan. Gaan loer op YouTube vir die musiekvideo. Ek is ook ‘n bewonderaar van Amanda Strydom. Stef Bosch sing saam haar hierdie een.
Het gaan kyk en luister – sy het so ‘n hartstogtelike stem.
Sy mag beslis maar sing ❤️
Sjoe ja, ek stem saam met tannie Frannie, dis woorde wat aan my siel raak.
Dit is voorwaar ‘n meesterstuk.
Dit is ook vir my woorde wat diep roer… Nog nooit haar hoor sing nie. Ek het nie baie musiek geluister as jong mens nie, was maar ‘n kind wat die reuke en geluide van die natuur bo alles verkies het. En as ouers is daar baie beperkings tov die musiek wat in ons huis geluister word. Tannie Carike en Oom Jan se kinder liedjies is oral en speel selfs in ons motor.
Ons doen ook die kinderliedjies ding met ons kinders. 🙂 Doen jouself ‘n guns en gaan luister hierdie een op YouTube. 😁