Ek sit vanmiddag in die kar en wag vir ouboet om klaar te maak in die wetenskap klas. Een van die werkers van die skool sny die gras met ‘n “onkruid vreter”. So paar klippies skiet op, maar werklik niks om oor huistoe te skryf nie.
Langs my is ‘n ouerige dame en skielik blaas sy haar toeter. Vreeslik vererg roep sy die werker nader en trap hom uit. Klim nie uit haar motor en vra mooi dat hy asseblief net so bietjie wag dat die kinders klaarmaak nie. Nee. Sy bly sit in haar kar en uit haar arrogante manier dreig sy hom dat sy sal gaan klae oor hom.
Ek het hom so jammer gekry, want hy was werklik nie ombeskof met haar nie. Ja, ek verstaan hy kon seker so 5min gewag het, maar hy het nie daardie uit trap sessie verdien nie.
Ek sien al meer hoe arrogant mense kan wees. Onnodig. Ondersteun jy nou meer as een van ‘n spesifieke soort besigheid is die ander een so kwaad vir jou. Is jy nie die regte gewig soos dit oor die sosiale platform aanvaarbaar is nie word jy behandel asof die skaal jou waarde bepaal.
Ek is so keelvol vir mense se arrogansie. Jy weet, vriendelikheid en dankbaarheid kan jou baie vêr bring in die lewe. Om iemand anders se kerslig dood te blaas sal nie joune helderder laat brand nie. Jy het werklik nie nodig om heeltyd te bewys dat jy beter as ander is nie. Daar is biljoene mense op die aarde. Elkeen met unieke talente wat die lewe inkleur en dan kom mense met hulle swartgallige arrogansie en probeer ander in die grond af druk.
Mevrou, ek weet nie of jy my inskrywings lees nie. Dalk nie, want dit is hoofsaaklik vriendelike mense wat my inskrywings lees, so jy doen dalk nie. Maar as jy sou wil ek so graag net vir jou noem dat daardie werker dalk ‘n slegte dag kon gehad het en jy was net die kersie op die koek vir hom. Ons almal veg in ‘n oorlog waarvan niemand weet, so volgende keer as jy weer lus het om so swartgallig en arrogant op te tree soos vandag hoop ek dat jy sal asem skep en net so bietjie vriendeliker sal wees. Ek hoop ook dat jy sal besef dat daar kleiner ogies is wat jou dophou en dat hul maak soos jy maak en nie maak soos jy sê nie.
My hart is sommer ontsteld vandag omdat daar so baie is wat nou met sulke houdings uitkom. Hulle voel “entitled”. Die lewe skuld hulle iets.
Die lewe skuld ons niks.
Wat ons is en wat ons het is net genade en as ons kan besef hoe min ons eintlik verdien wat ons het sal dit dalk net die weg baan vir ‘n bietjie dankbaarheid en “humanity” teenoor mekaar.
Toodles!
Sulke mense laat my soms voel om ineen te krimp. Daardie arme werker het ook maar net sy werk om te doen. As mense net meer respek en ruimte vir mekaar wil gee, sal dit beter gaan op aarde.
Presies! My hart was so seer vir hom.
Mens kry skaam as mense so arrogant betiteld belangrik is. Ons moet hulle jammer kry. Nederigheid en respek ons is Goddelike opdrag.
Dit is so! Ek was so skaam eintlik ook vir daardie vrou. Dalk weet sy nie van beter nie, maar wat van die wat so optree wat in ‘n goeie huis grootgeword het?
Ek het al geleer dat voortydse opvoeding nie ‘n waarborg is nie. Daai liederlike vrye keuse opsie….
Jy praat waar. Als in die lewe is ‘n keuse.
Ek voel saam met jou, Sonell. Arrogansie is een van ons mensdom se lelikste kenmerke.
Presies Una! Dit is soos ‘n kanker.
Dit kry my ook warm onder die kraag en ek betrap myself dat ek sommer vir daardie persoon in die bres tree….ek haat daardie arrogansie…
Netso! Ek was net so lus om uit my kar te klim en die tannie reg te sien, maar ek het na die tyd met ‘n onderwyser gaan praat, die situasie verduidelik en gesê dat die werker niks verkeerd gedoen het nie.
Good for you..ten minste
Ten minste het jy iets gedoen
Ek haat onregverdigheid so ek sal altyd opstaan vir die wat onregverdig behandel word. 🙂
Bravo! Daai man het net sy werk gedoen, klink dit my.
Dit is so. Hy het regtig. Hy het nie haar uit trap verdien nie.
Geniet ek nou nou jou storie sommer baie vandag, want dis n ding wat my net so ontstel. Die arrogansie van sommige mense! Ek het n rukkie terug in die reen in baie nou paadjie in PE gery en daar het n nie-blanke in dieselfde rigting op sy fiets gery. Niemand kon omgee om so na as moontlik verby hom te jaag en hom nat te spat met die plasse water nie. Ek het hom soooo jammer gekry! Ek het tot die onsteltenis van die verkeer agter my, stadiger gery agter hom totdat daar n plek was waar ek verby hom kon gaan sonder om hom verder te bespat met plasse water. Hy het dit agtergekom en toe ek verby hom gaan, het hy met die vriendelikste gesig gewaai om dankie te se. Daardie vriendelike dankie-se van hom het my dag gemaak! Ek het net weer besef om ander met respek te behandel, is tog wat die Here van ons wil he, maak nie saak of dit n ander kleur en kultuur is nie.
Daar’s nie pille nie …
Liefde en respek kos niks nie, maar is tog so waardevol. Daar is heeltemal te veel mense wat glo dat respek moet verdien. Daar is ook te veel wie se selfsug en arrogansie so oorweldigend is dat hul sukkel om by dit te sien. Ek wil so graag hê dat hierdie mense ook werklik sal kan sien, verby al die twak van die wêreld… Leer om met God se oë na die lewe te kyk.
My foon se ‘auto correct’ werk duidelik nie saam met my vanaand nie.
Als reg.
Ek stem heeltemal saam jou.
Ek bly dink aan Jesaja 55:11 wat verduidelik dat dit tog vir die mens moontlik is om soos God te kan wees omdat Sy woord in ons lewe en ons in staat stel om dit te kan doen. Dit kos net oefening, ons moet net nie te lui word vir dit nie.
Dit is so waar. Omdat volgens Romeine 5:5 God se liefde in ons harte uitgestort is kan ons mense liefhê soos Hy ons liefhet.
Ditto, ek stem! Ek is dankbaar vir die Gees in my wat my baie vinnig bewus maak as ek my frustrasie op onskuldige mense uithaal – al kom dit baiekeer daarop neer dat ek verskoning na die tyd moet gaan vra oor my eie vieslike gedrag. Maar ek haat dit as dit wel gebeur en werk hard daaraan om mense die son te gun en te weet elkeen doen maar net wat hy kan en moet doen op ‘n gegewe oomblik.
Netso. Dit is wonderlik om te weet dieselfde Gees wat in my woon, woon ook in jou. ❤️