Coronamouna & die Towerinne Hfst 13.

Die saak staan so. Coronamouna en Broodina het saamgesweer om Rebusfontein oor te neem. Hulle is pure groenoogmonster oor die Towerinne se love and peace stukkie aarde. Ek kan nie stry nie, wie sou dit nie vir hulself wil eien nie. Maar die Towerinne is wakker en braaf, hulle vat Coronamouna, Broodina en hul spinnejaspers aan sonder handskoene.

Lees hier na die hele verhaal:

https://fresh.inlinkz.com/p/c0342166738644c9875c54b4f5669017

Virgo C staan stom met die kêmfroet bottel in haar hande. Coronamouna spring op en af. Gooi ‘n vloermoer nes ‘n professional.

Sonéll staan haar so en kyk met ‘n skuinsoog. “Weet jy Rona, jy herinner my so bietjie aan my 5 jarige doggie. Sy gooi hom netso… Maar aangesien jy nou die een in die bottel is skuld jy ons ‘n wens.” Coronamouna gee nog so paar spronge en gaan sit moedeloos. “Ok goed,” Kom haar piep stemmetje deur. “Julle kan enigiets kry. Solank ek net hier kan uitkom!”

“Wens vir wêreld vrede.” Stel Virgo C voor.

“Nee, nee,” spring Frannie tussen in. “Wens vir genoeg kos vir ‘n egte Rebus fees. Chris kan vir ons sing! Of die einde van hongersnood!”

Sonéll raak beangs. Groot druk op haar skouers nou. Hoe kies mens tussen wêreld vrede en ‘n feesmaal? Ons gaan kos nodig hê vir kamp Goldilocks.

Sy stap heen en weer. Frannie en Virgo C roep voorstelle al harder! Sonéll se kop zirrrr…

Dan onthou sy haar geheime wapen!

Sy grou in haar broeksak. “Aha!” Roep sy uit! “Wat is dit!?” Roep Frannie en Virgo C gelyk.

Sonéll hou ‘n blink Ingelse muntstuk in die lug. Die Koningin knipoog vir haar. Sy vryf die Koningin se neus…

10, 9, 8, 7, 6, 5, 4, 3, 2, 1!

Tyd vries! Geen blaar of grassie beweeg nie. Frannie en Virgo C staan grootoog gevries langs Sonéll. Net Coronamouna staan stadig op in die bottel. “Wat de?” Sonéll glimlag slinks vir Rona. Sy speel met die muntstuk tussen haar vingers deur. “Hierdie, skattie, is my wapen wat my help asem skep. Wanneer die aarde te vinnig begin draai vryf ek net en als om my word stil. Jy is beskerm omdat jy in ‘n bottel is. Nou kan ek in vrede dink.”

Sonéll stap eenkant. Gaan sit op ‘n klip en maak somme. ‘n Tydskering kan iets of iemand in en uit verskillende dimensies neem. Mits die persoon of gedierte kalm deurbeweeg. ‘n Tydskering kan angs vibrasies aanvoel en wanneer die vibrasies teen skielike hoë vlakke deurbeweeg sal die Tydskering disintegreer.

Sonéll glimlag weer. “Eurika!”

Sy staan tussen Frannie en Virgo C, vryf weer die muntstuk.

1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10!

Frannie en Virgo C asem elkeen skerp in. “Wat het jy gesê?” Vra Frannie weer.

“As ons ‘n wens maak sal dit Coronamouna vrylaat dames… Sy is nie ‘n regte Genie. Slegs ‘n kulkunstenaar wat haarself gevang het. As ons wens gaan sy weer groter word… Maar ek gaan die kans vat.”

“Nee!” Roep Virgo C uit. “Los haar eerder vir die sirkus!” Haar oë bewe angstig. “Luister vir Virgo.” Paai Frannie.

“Nee girls. Ons soek vrede en die einde van hongersnood.” Sê Sonéll braaf.

“Ja! Ja wens!” Coronamouna huts haar aan.

Sonéll wens: “Ek wens vir wêreldvrede en die einde van hongersnood!”

Skielik is daar ‘n skerp zoei geluid en die kêmfruit bottel begin kraak. Sonéll gryp die bottel en hardloop die grot in!

“O nee!” Skree Frannie. “Jy moes Corona weggewens het!”

Lorenzo het die grot opgeblaas maar die Timewarp is steeds daar! Die bottel in Sonéll se hande kraak weer en sy gooi met al haar krag!

Coronamouna gil skerp! Haar angsvibrasies tref die Tydskering toe sy deurvlieg en dit ontplof en disintegreer net daar.

Twee klein swart punt hakkies plop op die grond neer. “Bahahaha! Vat so Rona!”

Sonéll tel die skoentjies op en stap tevrede na die ingang waar Frannie en Virgo C angsbevange wag. Sonéll hou die skoentjies uit na hul.

“Dames, Coronamouna is nie meer. Die Timewarp het gedisintegreer en haar saamgevat. Sy sal ons nooit weer kan pla!”

“Maar waar is Broodina?” Vra Frannie. “Neewat, sy het deur die Tydskering gestap net voor Lorenzo die dinamiet gegooi het so sy kon nie terugkom nie. Dit het ‘n blokkasie veroorsaak. Die dinamiet het als laat ontplof, maar ‘n Tydskering kan slegs deur angsvibrasies disintigreer.”

Virgo C se oë rek. Sy kyk verby Sonéll se skouer. “Lorenzo!!!” Sy hardloop met oop arms na hom toe en omhels hom vurig! “Jy is okay!”

Lorenzo tuur net verby haar. “So much spiders. So much goo. All done.”

Sonéll, Frannie, Virgo C en Lorenzo stap tevrede terug Rebus toe. Vanaand vier hulle fees! Wêreldvrede heers en niemand slaap ooit weer honger of bekommerd oor Broodina se kriminele aktiwiteite nie.

Sonéll stop ‘n oomblik. “Dames…” Frannie, Virgo C en Lorenzo kyk grootoog na haar. “Ons het werk op kamp Goldilocks…” Hulle bars in skaterlag uit! Ja, want waar Towerinne en Frangelico ontmoet is waar die tyre die grondpad tref. 😂

41 thoughts on “Coronamouna & die Towerinne Hfst 13.

  1. Bondelsgedagtes sê:

    Drie hoera’s!!!!! Well done well done!!! Dit was baie goed jy het eers bietjie stil geraak, werk altyd vir my ook. Daai een het niemand sien kom nie. Vir ewig en altyd verby met haar. Baie dankie, jy het uitstekend gedoen

  2. Toortsie sê:

    Wow! Uitstekend! Joehoeeeee! Ons is vry en julle is so genadig, ek weet julle sal ons dadelik vrylaat uit daardie kamp. 😁
    En tipies Towerin, eindig ons storie in ‘n ontploffing. 😁👏🏻👏🏻👏🏻👏🏻

  3. HesterLeyNel sê:

    Ek wens ook vir een van daai muntstukke. Wat ‘n wonderlike idee. Ek wonder wat gaan Kameel sê omdat jy haar eertydse skoolmaatjie opgeblaas het – skoon uit haar hakskoentjies uit! En Lorenzo is veilig – dankie tog. Welgedaan Sonell. Nou kan die Towerinne tot ruste kom.

      • Kameel sê:

        Hester die lelikste mens wat ek nog ooit gesien het was saam met my in die klas. Ek het dadelik aan haar gedink toe ek van Corona gelees het. Sy het nie spinnekopmaatjies gehad nie maar die wêreld wat sy vir haarself geskep en geglo het was sprokiesagtig. Elvis was haar pa… en Vrydae is sy vroeg huistoe want sy moes vliegtuig haal vir naweek in Hollywood. Kinders het Maandae om haar saamgedrom om te hoor wat sy die naweek alles beleef het. Ek het haar ontsettend jammer gekry. Nou het Sonell haar opgeblaas!!! Sal maar die skoentjies hou as aandenking. Welgedaan Sonell.

      • sonell sê:

        Nou voel ek skoon jammer vir ou Rona. Maar moenie worry, as ‘n Tydskering disintegreer beteken dit net dat dit nie weer in ons dimensie kan oopmaak nie. 😁

  4. Tannie Frannie sê:

    Ai, Sonell, ‘n netjiese einde! Had ek tog nou maar gewis hoe om die emoji’s in te voeg op WP se ellendige nuwe stelsel, was hier ‘n ry laggende gesiggies. Hoekom? Omdat jy my prioriteite so goed raakgevat het: baie kos – ‘n Rebusfees! Hopelik sal Coronamouna iewers in die heelal ‘n toevlug kry – Broodina kan maar aanhou rondflenter doerrr in die ruimte.

    • sonell sê:

      Nou moet ons makietie reël! 😂

      Die emojis kan ek ook net bysit op my foon, die webtuiste is grieks vir my. 🤣

      Baie bly ek kon jou hart gelukkig maak. ❤️

  5. seegogga sê:

    Ag ‘n wonderlike einde, Sonell! Gelukkig het hulle reeds die dorpsmeent gereed gemaak. Rehabilitasiesentrum se voet. Nou gaan ons daar groot party! Ek bedoel feesvier.

  6. Una sê:

    Ek het nou eers weer opvangs en net so katjoef het jy Rebus se rustigheid teruggewen! Baie goeie einde, Sonell, ek sou jou dit glad nie kon nadoen nie. Man, ons dorpie is weer ons eie en nou gaan ek my huisie bietjie “spring-clean.” Al die spinnekop rakke afstof.

Lewer kommentaar op Dr Christa van Staden Kanselleer antwoord