Die lug val!!

Hierdie hoofstuk vorm deel van die Towerinne/Goue Vroue se avonture. Ons is die hoofkarakters in ons eie vervolgverhale (natuurlik) en ons fantasie stories is vir ander ondenkbaar, ondoenbaar en  onverklaarbaar. 
As jy die verhaal wil volg, moet jy op die onderstaande skakel kliek om die hoofstukke te lees. Na myne sal daar gereeld nuwe hoofstukke bygevoeg word. Totdat ‘n ander fantasie ons aandag vereis. Dan begin ‘n nuwe vervolgverhaal, ek bedoel avontuur.
Lees die ander bloggers se bydraes by ons InLinkz-skakel https://fresh.inlinkz.com/party/1109950914194acc97921a784266b3ec

Die Goue Vroue sit nog laat nag om die meent en sing.

Die sterre in Rebus se hemel flikker helder saam. Die feëtjie liggies in die bome kompeteer met die sterre.

Sonéll lê ontspanne op haar rug en luister na elke Goue Vrou se goue stem. Toortsie tokkel die kitaar en neem leiding. Tussendeur gee Woordnoot die noot helder deur. Una kou aan ‘n lekkergoedriet. Appeltjie gooi nog ‘n glasie eiernog latte. Die Frangelico word vir Oukersaand gespaar. VirgoC se stem kom skielik deur met Stille nag. Haar hart sing.

Skielik spring Sonéll se twee kinders bo-op haar!

“Hoopie!” roep hul bulderend uit.

Sonéll se wind is uit en Una keer.

“Kom sit hier by my dan gee ek vir julle ‘n suiker stormloop.”

Die twee woelwaters hardloop laggend in haar rigting terwyl Sonéll probeer regop sit.

“Flippit man. Kan ek nie net vir een dan nie ‘n klimraam of springkasteel wees nie?” sy kug.

“Jy gaan dit mis.” waarsku Toortsie tussendeur die note pluk uit die kitaar.

“Jy gaan wens vir net nog een keer.” sê Woordnoot by.

“Rebus is magic.” sê Sonéll “Hier kan hul vir altyd klein bly.”

Danie snork duskant die Goue Vroue. Hy pas hul kwansuis op, maar eintlik is dit Francis wat al die bewaking doen. Sy is tevrede daarmee. Môre vat sy ‘n slapie terwyl die res oral heen karjakker.

Skielik is daar ‘n flits in die lug! Francis kyk op. Danie skrik wakker en kyk ook op. Die hemel is donker!

“Loadshedding!” roep Appeltjie.

“Nee man!” stop Una haar. “Ons is op Rebus. Loadshedding gebeur nie hier nie. Buitendien, mens kan nie sterre afskakel nie.”

“Ssshhht!” maak Toortsie hulle stil.

Danie begin blaf.

Dan hoor hulle dit! Die verskriklikste gedreun en klokkies wat lui! Bokke wat bulk en iemand skree!

“Die lug val!” roep Francis uit.

“Koes!” skree Toortsie.

Al die vroue, honde, katte, voëls en kinders kies ‘n rigting en laat spaander! Skielik is daar ‘n groot ontploffing in die middel van die meent. Rook trek in alle rigtings op.

Stilte.

Die Goue Vroue loer versigtig vanuit hul skuilings. Iemand staan kreunend op uit die tuig. Bokke lê verspreid en ‘n groot rooi sak lê oopgeskeur eenkant.

“KERSVADER!” gil Sonéll se kinders en hardloop nader.

Die man met die groot rooi pak staan verstom stil. Hy kyk om hom.

“Waar is ek?”

O genade julle. Wat sou Kersvader op Rebus maak?

12 thoughts on “Die lug val!!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s